Nou op die lug

Nic se goed

12:00-13:00

Interaktief

LITTLE WOMEN

LITTLE WOMEN
VP PGD
LITTLE WOMEN
Datum uitgereik: Vrydag 21 Februarie 2020
Regisseur: Greta Gerwig

Gradering: 9

LITTLE WOMEN is een van die moeilikste draaiboeke om te verfilm. Dit is woordryk, speel in die 19e eeu af, en gaan oor vier susters se moeilike stryd om sukses te bereik te midde van ‘n chauvinistiese gemeenskap. Die meisies dra stywe korsette, maar moenie dat dit jou brein in ‘n korset plaas nie. Al wys dit veral by kusnteaters, is dit toeganklik. En dit het beslis ‘n Oscarbenoeming vir Greta Gerwig verdien as beste regisseur, want haar regie is sprankelend en lewendig. Sy boei jou met die manier waarop sy Louisa May Alcott se lewegewende storie oor die ontdekking van onafhanklike vrouwees vertel.

LITTLE WOMEN
LITTLE WOMEN
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?