Nou op die lug

Kompas

19:30-20:00

Interaktief

ORDINARY LOVE (ROLPRENT / DSTV BOX OFFICE)

ORDINARY LOVE (ROLPRENT / DSTV BOX OFFICE)
SND
ORDINARY LOVE (ROLPRENT / DSTV BOX OFFICE)
Datum uitgereik: Vrydag 26 Junie 2020

Gradering: 8

ORDINARY LOVE is ‘n ernstige film wat tot introspeksie lei, want dit gaan oor ‘n middeljarige egpaar wie se lewens omver gewerp word. Die vrou, uitsonderlik goed gespeel deur Leslie Manville, ontdek sy het kanker. ORDINARY LOVE wys hoe twee doodgewone mense se lewens vir altyd verander wanneer sy met haar behandeling begin. Dit vra: kan ‘n huwelik so ‘n spanning oorleef? Maar belangriker, kan die vrou die chemoterapie en spanning van die daaglikse vermoeiende behandeling hanteer? ORDINARY LOVE neem jou stap-vir-stap deur die langs genesingsproses.

Hierdie is geen oppervlakkige afgerammelde sage oor ‘n kankerleier se probleme nie, maar ‘n diepgaande, deeglike ondersoek na wat gebeur, en hoe mense met kanker dit beveg en ook poog om met hulle daaglikse lewe, en in hierdie geval huwelik, voort te gaan. Ek het dit op 4 Februarie gesien ter herdenking van nasionale kankerdag, en die gehoor was gaande daaroor. Dit is stadig, beslis nie gemaak om te vermaak nie, want as jy na oppervlakkige vermaak soek, kan jy na hospitaal-televisiesepieskyk. Dis vol deernis en empatie.

ORDINARY LOVE (ROLPRENT / DSTV BOX OFFICE)
ORDINARY LOVE (ROLPRENT / DSTV BOX OFFICE)
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?