Nou op die lug

Deurnag (Woensdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

JUDY

JUDY
LVD
JUDY
Datum uitgereik: Vrydag 10 Januarie 2020
Regisseur: Rupert Goold

Gradering: 7

Renée Zellweger se loopbaan het, nes Judy Garland s’n, van hoogte- na laagtepunte gegly In JUDY kry sy die geleentheid om verlore aansien te herwin. Haar gebruik van Garland se bekende maniërismes, veral daardie karakteristieke wenkbroue en die bewerige sigaret wat altyd gelyk het of dit ‘n karakter is wat lewe, en die gefolterde oë met die duisend-treë-staar, word uitstekend oorgedra. Zellweger oortref haarself.

As rolprent is die narratief soms onewe. Dikwels wil die fliek aan sentimentaliteit grens, en selfbewus raak. Dit is soms uitgerek en selftevrede, en dan verloor ‘n mens kontak met die tragiese figuur wat deur Louis B. Mayer, die grootbaas van MGM, gemanipuleer is. Maar tog is daar oomblikke wat uitstaan en wys hoe glanspersoonlikhede deur die Hollywood-reklamemasjien misbruik en opgevreet is, hoe lewens en verhoudings en huwelike op die rotse beland het ter wille van reklame en roem, en mense hulleself in die geharwar verloor het. En hierin slaag JUDY gedeeltelik.

Ja, jy kan gaan kyk. Jy moet gaan kyk. Moenie ‘n musiekblyspel verwag nie. Die rolprent wys die foltering voordat Garland op die verhoog gegaan het, knap ondersteun deur die spel van haar assistent Jessie Buckley, wat haar steunpilaar was. Verwag dus ‘n blik op manipulasie, misbruik, foltering, musiek, angs, herinneringe en neurose. Dis beslis ‘n besoek werd.

JUDY
JUDY
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?