Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

OFFICIAL SECRETS

OFFICIAL SECRETS
L
OFFICIAL SECRETS
Datum uitgereik: Vrydag 13 Desember 2019
Regisseur: Gavin Hood

Gradering: 8

One eie Gavin Hood, wat ‘n Oscar vir Tsotsi gewen het in 2005, is die regisseur van OFFICIAL SECRETS. Dit vertel die ware en baie dramatiese verhaal van Katherine Gunn, pragtig gespeel deur Keira Knightley, wat snuf in die neus kry dat die destydse eerste minister van Engeland, Tony Blair, saam met George W. Bush werk om Amerika by ‘n oorlog teen Irak te betrek. Bush probeer die Verenigde Nasies beïnvloed om die oorlog goed te keur. Sy kom op ‘n e-pos af wat hierdie bewering feitelik staaf, en sy besluit om ‘n fluitjieblaser te word. Nou moet sy kies tussen haar lojaliteit teenoor haar land, haar regering, haar werk, haar man en haar familie.

Uit die aard van die saak is dit ‘n donker film, nogal in die tradisie van ALL THE PRESIDENT’S MEN waar spioene, regeringsagente, dubbelagente en ander geheimsinnige figure vir Katherine dophou, en haar probeer intimideer.

Gavin Hood konsentreer op lojaliteit, eerlikheid, en ‘n doodgewone vrou wat uitsonderlike dinge doen en besef dat sy haar gewete moet gehoorsaam. Maar is die prys wat sy daarvoor moet betaal, die moeite werd? Atmosferiese kamerawerk, waarin donker beligting gebruik word om die gekonkel, wat in die skaduwees plaasvind, te ontbloot, is aan die orde van die dag. Dit is ‘n paranoïese, maar knap film oor gebeure agter die skerms wat selfs tot ‘n regering of regeringsleiers se val kan lei. OFFICIAL SECRETS is puik.

OFFICIAL SECRETS
OFFICIAL SECRETS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 9)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?