Nou op die lug

Iets vir iets

23:30-23:55

Interaktief

BLACK AND BLUE

BLACK AND BLUE
LV
BLACK AND BLUE
Datum uitgereik: Vrydag 8 November 2019
Regisseur: Deon Taylor

Gradering: 7

Wat BLACK AND BLUE die moeite werd maak, al het die rolprent flaters, is die hoofaktrise Naomi Harris. Sy is ‘n swart polisiebeampte in ‘n blou uniform, vandaar die rolprent se naam. Maar die net strek wyer as dit. Sy besef gedurende ‘n moeilike skof dat sommige van haar kollegas by sluikhandel betrokke is en deur dwelmhandelaars omgekoop word. Boonop voer sy ‘n stryd teen chauvinisme. Maar wanneer sy haar kollegas wil roskam, raak hulle moorddadig. Die res van BLACK AND BLUE handel oor hoe hulle haar mond probeer snoer, en tot watter uiterstes die vrou moet gaan om te oorleef.

Uitmuntend soos die jaagtogte verfilm is, is daar omtrent twee bollemakiesies te veel. En ‘n mens is nie altyd oortuig dat sy telkens sal wegkom nie, veral nie van sulke bedrewe dog korrupte polisiebeamptes nie. Maar BLACK AND BLUE se boodskap is duidelik. Moenie met die verkeerde, eerlike vrou peuter nie. Sy gee skurke, en korrupte polisiemanne in die New Orleans polisiemag stewige opdraande. BLACK AND BLUE gee weer ‘n goeie naam aan aksiedramas, al is sommige tonele te oordrewe en oordramaties geregisseer.

BLACK AND BLUE
BLACK AND BLUE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 2)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?