Nou op die lug

Deurnag (Saterdag)

00:00-05:00

Empty

Interaktief

STAN & OLLIE

STAN & OLLIE
PGD
STAN & OLLIE
Datum uitgereik: Vrydag 2 Augustus 2019
Regisseur: Jon S. Baird

Gradering: 8

Ek wonder hoeveel mense onthou nog die oor-die-voete-vallery van Laurel and Hardy? Ek onthou altyd my oupa het sy wind uit gelag vir hulle manewales, wat dikwels met klipgesigte gedoen is. Met ander woorde, die twee het meestal nie eers ‘n uitdrukking gehad nie! Smoelneukers is wat my oupa hulle genoem het. Hulle komedie het jou kaplaks! op die smoel getref.

In STAN & OLLIE word hulle tragiese verhaal met deernis en amper-ontsag vertel. Komediante is mos dikwels die hartseerste mense wat daar is, en dié twee se rolprente het baie persoonlike probleme en selfs wedywering tussen mekaar versteek. Ook persoonlike tragedie en hunkerings. Vrolik op die oppervlakte, maar baie hartseer daaronder. As jy dus nog die komediepaar onthou, sal STAN & OLLIE  jou aangryp. Net vir fliekentoesiaste.

STAN & OLLIE
STAN & OLLIE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 9)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?