SPIDER-MAN: FAR FROM HOME

SPIDER-MAN: FAR FROM HOME
SPIDER-MAN: FAR FROM HOME
Datum uitgereik: Vrydag 5 Julie 2019
Regisseur: Jon Watts

Gradering: 7

SPIDER-MAN: FAR FROM HOME is soos om jou banting-dieet te verbreek. Jy weet jy mag nie pasta, aartappels, koring en rys tegelyk eet nie, maar jy doen dit omdat die lewe deesdae druk, en ‘n mens net wil ontsnap van al die slegte nuus. Maar ná die tyd het jy ‘n gewete: jy het gesê jy wil nie meer vervolge sien waarin die storie opgeraak het nie. Tog het hierdie een soveel sjarme en snoesige warmte, dat jy pens en pootjies daarvoor val. Die cliché van: “’n oulike fliek” geld hier.

Een  van die groot redes, is Tom Holland wat die perfekte Spider-Man is, ná Toby Maguire en Andrew Garfield. Hy’s die seun in ons, wat ons nog nie afgesterf het nie. Hy geniet sy superheldstatus, maar bly mens wat nie so bewus is van sy heldestatus, soos die ander beswaardes met die spiere nie. Ongelukkig pas die puik akteur Jake Gyllenhaal glad nie in die  rol van Mysterio nie en lyk selfbewus. Maar as kaneelsuiker op die souskluitjies rondom jou hart, mag dit jou omklits.

SPIDER-MAN: FAR FROM HOME
SPIDER-MAN: FAR FROM HOME
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?