ROCKETMAN

ROCKETMAN
SLP D
ROCKETMAN
Datum uitgereik: Donderdag 6 Junie 2019
Regisseur: Dexter Fletcher

Gradering: 8

ROCKETMAN is ‘n testosteroonbelaaide ode aan die uitbundige, flambojante talente van Elton John. Die rolprent is nie ‘n ekskuus-dat-ek-leef-fliek nie. Dit wys Elton John as iemand met ‘n uitsonderlike talent, maar ook baie aggressie. Hy was aan dwelms en drank verslaaf, en het byna gesterf in die proses. ROCKETMAN is ‘n mengsel van sy grootste treffers, nie in die volgorde wat hy dit gekomponeer het nie, en tussenin bokspring dit oor die lewensveranderende besluite wat hy geneem het. Hy het aanvaar hy is gay, hy het besef hy het ‘n dwelm- en drankprobleem, en dat sy ego buite beheer raak. Die fliek beweeg met ‘n fenomenale energie deur sy lewe, dus moet mense weet dat dit nie ‘n volledige verslag oor sy veelbesproke lewe is nie. Dit wys net: hy het HEEL onder begin as ‘n bleeksiel-seuntjie Reginald Dwight, het vriende gemaak met Bernie Taupin, wat van sy lirieke geskryf het, en het die wêreld met passie en energie oorrompel. Daar is nie so baie musiek soos in Bohemian Rhapsody nie, maar treffers soos Crocodile Rock en Goodbye Yellow Brick Road word met ‘ n dol beheptheid en visuele dissipline uitgebeeld. Taron Egerton is briljant as Elton John en gee sy eie weergawe van hom, hy boots hom nie na nie. Maar dis Jamie Bell as Bernie Taupin wat die kalklig steel. Weet net: van die tonele is taai, soms woes en vol rondomtalie-energie. ROCKETMAN vir mense wat weet wat in Elton John se lewe gebeur het, en gereed is om dit eerstehands te ervaar

ROCKETMAN
ROCKETMAN
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 13)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?