POMS

POMS
SL
POMS
Datum uitgereik: Vrydag 10 Mei 2019
Regisseur: Zara Hayes

Gradering: 6

Ons het nie eintlik ‘n pom-pom-kultuur in Suid-Afrika nie, waar meisies is einaklein rokkies blink tossels rondswaai voor ‘n voetbalwedstryd. Diane Keaton speel die rol van ‘n bejaarde vrou wat nog onthou toe sy deel was van so ‘n groep. Nou, op byna 70, besluit sy en ‘n groep ouer vroue om weer te probeer hop-spring, tosselskud en dans. Maar wat gebeur met bejaarde lywe? Sal hulle bene en ledemate dit hou? En waar pas ‘n heupvervangingsoperasie in die prentjie in?

POMS beweeg voorspelbaar na sy einde, en jy weet presies wat gaan gebeur, maar die reis daarheen is komies-hartseer en koel vir ouer luisteraars. Die fliek vermaan: ‘n mens kan nooit toelaat dat die ouderdom jou baasraak nie. Jy is net so oud soos jy voel. Maar iewers wag tog hartseer...

POMS is vol hoogskop-manewales en knie-kraak-geluide vir ouer vroue.

POMS
POMS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?