DIE STROPERS

DIE STROPERS
SLVD
DIE STROPERS
Datum uitgereik: Vrydag 15 Maart 2019
Regisseur: Etienne Kallos

Gradering: 8

Die aangrypende, DIE STROPERS, is ‘n donker, soms neerdrukkende Afrikaanse rolprent wat stewige toewyding en geduld van sy gehoor vereis. As jy na vermaak soek, gaan jy dit nié hier kry nie. Dit beweeg stadig en deeglik. Dit ontgin die verhouding tussen twee aangenome broers, die rowwe prostituut-straatkind Pieter (uitmuntend gespeel deur Alex van Dyk) en die introvert boerseun Janno (‘n stewige vertolking deur nuweling Brent Vermeulen). Hulle stryd om besit van die plaas, en die invloed wat die reëls en gewoontes van ‘n Vrystaatse plaaslewe op hulle het, word knap in DIE STROPERS uitgebeeld.

Die Vrystaatse landskap, neurose, persoonlike vrese, maar ook gewoontes en ‘n gesin wat uitmekaar skeur, word met stil oortuiging uitgebeeld sonder ‘n kwaai politieke subteks. Die bedreigings om die plaas, voorgeslagte se invloed en die konserwatiewe kultuur van ‘n gesin onder druk, word beklemtoon, en in Etienne Kallos se onderspeelde regie uitgelig. Wees gewaarsku: DIE STROPERS, goed soos dit is, vereis baie van sy gehoor. Jy moet in die regte en ernstige stemming wees daarvoor.

DIE STROPERS
DIE STROPERS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 15)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?