THE OLD MAN & THE GUN

THE OLD MAN & THE GUN
LPG
THE OLD MAN & THE GUN
Datum uitgereik: Vrydag 11 Januarie 2019
Regisseur: David Lowery

Gradering: 8

THE OLD MAN & THE GUN was een van vanjaar se grootste verrassings. Vir dié van julle wat nuttelose presente oor Kersfees gekry het: Dis ‘n doodgewone pakkie sonder frilletjies en strikkies met inhoud wat jy vir ‘n verandering kan gebruik! Onthou net, dis vir volwasse mense wat van kalm, bedaarde, stadigbewegende rolprente hou.

Dit gaan oor oudword, maar met ‘n verskil. Dis gebaseer op die ware verhaal van Forrest Tucker, wat bekend was as ‘n sjarmante gentleman-bankrower. Hy het dosyne banke beroof en is verskeie kere aangekeer. Maar soos iemand verslaaf is aan dwelms, was hy verslaaf aan rooftogte sonder geweld… met ‘n asseblief en dankie, en ontsnapping uit die tronk. Hy kon homself nie ‘n ander lewe indink nie. Dan ontmoet hy ‘n vrou wat hom moontlik verstaan, gespeel deur die uitstekende Sissy Spacek.

THE OLD MAN & THE GUN is so gemaklik soos die rustige galoppie van ‘n perd op ‘n Sondag-agtermiddag. Dit word tydsaam en bedaard vertel, maar verras met sy sjarme, subteks oor oudword en houding teenoor ‘n sjarmante bankrower. Moenie THE OLD MAN & THE GUN vlak kyk nie. Dit kan jou verras.

THE OLD MAN & THE GUN
THE OLD MAN & THE GUN
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 11)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?