BOHEMIAN RHAPSODY

BOHEMIAN RHAPSODY
SLD
BOHEMIAN RHAPSODY
Datum uitgereik: Vrydag 30 November 2018
Regisseur: Bryan Singer

Gradering: 8

BOHEMIAN RHAPSODY is gegrond op die lewe en dood van die flambojante rocksanger, Freddie Mercury. Dit vertel hoe hy as bagasiepakker by Heathrow-lughawe begin het, lid van die popgroep Queen geword het, aanvanklik ‘n platoniese verhouding met ‘n vrou begin het, en toe aanvaar het hy is gay. Maar dit was sy ikoniese musiek, legendariese uitspattige optredes waarin sy lyf soos gomlastiek gebuig het, en sy dood aan Vigs wat aandag getrek het. BOHEMIAN RHAPSODY vertel sy verhaal in uitbundige terme.

Alhoewel daar gebokspring word oor sy veelbesproke sekskapades en dwelmmisbruik, bring die rolprent hulde aan sy talent. Rami Malek lewer ‘n kragtoer as Freddie, maar Mercury-aanhangers mag probleme hê oor wat verswyg is en wat nie. Die fliek is oordrombars-hard, rock-bevange, uitbundig en groter as die lewe. Dit mag jou verras, of onkant betrap, met sy onortodokse styl.

BOHEMIAN RHAPSODY
BOHEMIAN RHAPSODY
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 31)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?