LIFE ITSELF

LIFE ITSELF
LVD
LIFE ITSELF
Datum uitgereik: Vrydag 9 November 2018
Regisseur: Dan Fogelman

Gradering: 8

Ek moet waarsku: goed soos LIFE ITSELF is, is dit ‘n emosioneel brutale rolprent. ‘n Mens strompel vuisvoos daar uit van emosionele trauma en skokke. Dit is nie eksplisiet wreed nie, maar die dinge wat met die karakters gebeur beklem en ontstel jou. Nes jy dink daar kan nie verder iets verkeerd gaan nie, slaan die rolprent jou onderstebo. Dit word absoluut net vir kunsfoendies aanbeveel.

LIFE ITSELF gaan oor ‘n sjarmante man (Oscar Isaac) wat met ‘n pragtige meisie (Olivia Wilde). Sy word swanger. Dan klap die noodlot hierdie mense onderstebo op die mees onverwagse wyse. Hoe hanteer die man die uitwerking van die wêreld op sy lewe?

Die verhaal spring heen en weer in tyd, vier die wonderlikheid van die liefde, en die regte besluite neem. Parallelle verhale word vertel waar al die karakters uiteindelik bymekaar kom, maar niks gebeur soos jy dit verwag nie.

LIFE ITSELF is taai, maar bevredigend. Nie almal sal hiervan hou nie.

LIFE ITSELF
LIFE ITSELF
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 7)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?