HELL FEST

HELL FEST
LV
HELL FEST
Datum uitgereik: Vrydag 12 Oktober 2018
Regisseur: Gregory Plotkin

Gradering: 6

Hellevaart is die korrekte beskrywing vir hierdie bloedige en skrikwekkende voorloper tot Halloween op 31 Oktober. ‘n Groep jeukerige tieners, grilflieks se gewildste helde en heldinne, besoek ‘n pretpark wat net uit gruwelmonsters bestaan. Al die personeel dra maskers wat soos Jason Voorhees in die Friday the 13th-reeks lyk. Maar een van die personeellede agtervolg die tieners en maak hulle een na die ander dood terwyl hy... of sy, bloot die gesigsmasker verstel om die bloed af te vee. Daaruit kan jy aflei of dit jou soort fliek is of nie.

Daar is niks wat rillers nog nie gewys het nie, maar HELL FEST is by tye nogal taai, terwyl die einde ‘n heerlike en onverwagse skok sal gee. Dis net vir rillerbehendiges wat gou deur die storie sal sien, maar die pretparkrit mag geniet.

HELL FEST
HELL FEST
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 3)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?