THE GUERNSEY LITERARY AND POTATO PEEL PIE SOCIETY

THE GUERNSEY LITERARY AND POTATO PEEL PIE SOCIETY
LVD
THE GUERNSEY LITERARY AND POTATO PEEL PIE SOCIETY
Datum uitgereik: Vrydag 10 Augustus 2018
Regisseur: Mike Newell

Gradering: 8

Ek weet dit klink na ‘n hele mondvol, maar THE GUERNSEY LITERARY AND POTATO PEEL PIE SOCIETY is die soort fliek waarmee jy met gemak ‘n aand kan om-tjil. Dit lyk dalk nie aptytwekkend nie, maar met MAMA MIA! HERE WE GO AGAIN! se pragtige Lily James wat die hoofrol speel, kan jy seker wees dat die rolprent professioneel en boeiend is, en dat dit veilige vermaak is wat nie sal ontstel of aanstoot gee nie. Om die waarheid te sê, dit sal jou hart met warmte vervul.

Dit speel net na die Tweede Wêreldoorlog af en gaan oor ‘n skrywer wat deur ‘n lid van ‘n boekklub genader word, wat op die Guernsey Eiland in Brittanje woon, waar die verhaal afgespeel het. Sy wil gaan seker maak dat dit waar is. Heel vrolik daag sy soos Katjie Stewels daar op, en ontmoet die mense met wie die Wêreldoorlog-voorval gebeur het. Die leeskring is gestig nadat die Nazi’s ‘n groep onskuldige Britte wou arresteer, maar toe hulle sê dat hulle aan die Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society behoort, het die Nazi’s hulle laat gaan. Maar toe kom daar ‘n nare kinkel...

Ten spyte van sy titel, mag jy al geselsende oor die mooi storie uitstap. Dit is onderspeelde en intieme vermaak wat jou lekker sal vermaak. Probeer net bietjie daardie titel sê sonder om ‘n fout te maak...

THE GUERNSEY LITERARY AND POTATO PEEL PIE SOCIETY
THE GUERNSEY LITERARY AND POTATO PEEL PIE SOCIETY
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 17)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?