BRAD'S STATUS

BRAD'S STATUS
L
BRAD'S STATUS
Datum uitgereik: Vrydag 12 Januarie 2018
Regisseur: Mike White

Gradering: 7

Die cliché, lag met ‘n traan, is hier van toepassing. Die storie is eintlik so tragies, en soms aandoenlik, dat ‘n mens dikwels ‘n knop in jou keel voel. ‘n Pa aan wie se slape die grys begin vroetel (Ben Stiller) vergesel sy seun na verskeie universiteite waaruit die jong lat moet kies. Gereelde fliekgangers weet al wat om te verwag: ‘n onpaar-paar, of odd couple, beland saam in ‘n motor op die lang pad. Woorde vlieg soos vla-koeke deur die lug. Word ou koeie uit die sloot gegrawe of maak hulle vrede met wat gebeur het? Kom daar ‘n tyd dat ‘n pa en seun vriende word, al dink die seun sy pa is die wêreld se grootste bleeksiel?

Dit gaan ook oor boelies. Nie die cliché-boelies op skool nie, maar grootmense wat mekaar boelie. Enige man of vrou wat by die werk geboelie word, sal tonele vind waarmee hulle sal identifiseer aan die einde.

BRAD’S STATUS is nie ‘n groot film nie, jy kan eintlik vir DVD wag, maar daar is ‘n paar interessante wyshede oor middelklaswaardes, die sogenaamde midlife-crisis en liefde tussen en pa en ‘n seun.

BRAD'S STATUS
BRAD'S STATUS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 6)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?