LOGAN LUCKY

LOGAN LUCKY
LVPG
LOGAN LUCKY
Datum uitgereik: Vrydag 8 September 2017

Gradering: 8

LOGAN LUCKY kom uit die stal van Steven Soderbergh, bekend vir die OCEANS 11-reeks. Die humor is so suur soos ʼn battery wat lek, maar baie snaaks. Dit tref jou soos ‘n sooibrand ná ʼn olierige garage-paai...

Channing Tatum en Adam Driver (laasgenoemde het net een arm) speel twee broers wat besluit om ʼn rooftog tydens ʼn motorwedren uit te voer. Die charismatiese foute wat hulle maak, die benarde situasies waarin hulle beland, en die kwinkslae is jou geld werd. Die fliek kritiseer veral Amerika se klasse-beheptheid en hoe hulle neersien op die middelklas. Rooftogte, veral in ons land, is alles behalwe snaaks, maar Soderbergh slaag daarin om jou te laat grinnik sonder om jou IK te dreineer, want die humor is slim en onortodoks, maar vol verrassings.

LOGAN LUCKY is ‘n soepel en verrassende komedie. Dit sal jou kitaar kielie.

LOGAN LUCKY
LOGAN LUCKY
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?