ALIEN: COVENANT

ALIEN: COVENANT
LV
ALIEN: COVENANT
Datum uitgereik: Vrydag 19 Mei 2017
Regisseur: Ridley Scott

Gradering: 7

ALIEN: COVENANT is ‘n voorganger van ALIEN, en ‘n opvolg van PROMETHEUS. As jy na hierdie beskrywing so deurmekaar is soos ‘n vlieg op ‘n  nat krabbel, wees rustig. Hierdie rolprent is eintlik ʼn nabootsing van die heel eerste een, met baie elemente van PROMETHEUS. Dit herhaal baie van ALIEN se grusaamste oomblikke.

Alhoewel ek dit aanbeveel, is daar gebreke. Die eerste helfte is te langdradig, want die ruimtevaarders, wat op die aliens se planeet land, neem te lank om die gedrogte te vind, en die ontginning van die planeet is nie so opwindend nie. En hierdie keer is die monsters interessanter as die mense. ‘n Robot (Michael Fassbender) bind die rolprent eintlik saam.

Sodra die menseslagting begin, kry bewonderaars die slaghuis-aksie waarna hulle soek. Maar niks sal ooit weer naby die eerste twee ALIENS kom nie. Weet net: die monsters is mensliker as die mense.

ALIEN: COVENANT
ALIEN: COVENANT
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 8)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?