THE FOUNDER

THE FOUNDER
PG
THE FOUNDER
Datum uitgereik: Vrydag 19 Mei 2017
Regisseur: John Lee Hancock

Gradering: 7

‘n Mens se mond hang oop terwyl jy na THE FOUNDER kyk, en dit nie net om ekstra-groot slaptjips met tamatiesous in te pas nie! Destyds het die twee McDonald-broers ‘n rewolusionêre nuwe konsep in San Bernardino begin waar mense, vir die eerste keer in 1954, hamburgers binne 30 sekondes kon kry in plaas van 10 minute. ‘n Slinkse verkoopsman, Ray Crok, kom hierop af en kaap die broers se besigheid. Met slim reklame en sakevernuf omskep hy dit in die mees suksesvolle wegneemkos-restaurant in die wêreld. Die probleem is dat die McDonald-broers feitlik nie ‘n sent ontvang het nie.

THE FOUNDER is ‘n boeiende en moedswillig-kwetsende rolprent waar jou mond groter oophang as wanneer jy ‘n  Big Mac daarin stop. Die waarheid is verbysterend. Dis ‘n gedramatiseerde weergawe van die waarheid, en is net so vermaaklik soos dit verstommend is.

THE FOUNDER
THE FOUNDER
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?