MISS SLOANE

MISS SLOANE
SL
MISS SLOANE
Datum uitgereik: Vrydag 17 Maart 2017
Regisseur: John Madden

Gradering: 7

MISS SLOANE  trap ʼn hele paar manne se tjank af – nie geweldadig nie, maar sielkundig. Sy is ‘n vrou wat stemme werf, of ʼn lobbyist soos die Amerikaners dit noem, en vergruis haar opponente met ʼn swaai van haar perfek-gekapte hare en sexy draai van die heupe. Net daardie haarstyl alleen klap hulle ego’s flenters. Maar selfs hierdie gewetenlose Liewe Heksie met haar ontwerper-besemstok loop haar rieme styf.

Die rolprent is strak, dramaties en baie wreed op ʼn emosionele vlak.

Vir die vroulike oog is daar ʼn katelknapie (Jake Lacy) wat vir Jamie Dornan in Fifty Shades Darker ore aansit, en hom leer hoe om sensuele spel in die slaapkamer te lewer.

MISS SLOANE
MISS SLOANE
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 4)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?