JOHN WICK: CHAPTER 2

JOHN WICK: CHAPTER 2
V
JOHN WICK: CHAPTER 2
Datum uitgereik: Vrydag 17 Maart 2017
Regisseur: Chad Stahelski

Gradering: 4

Ons woon in ʼn land waar geweld ongelukkig alledaags geword het en skaars die voorblaaie haal. Dit word weerspieël in die feit dat strydlustige rolprente altyd sakke vol geld by ons loket maak. Die eerste hoofstuk in die JOHN WICK sage het miljoene verdien nadat ʼn kamtige doodgewone man, in ʼn monotoon-grom (Keanu Reeves), dosyne mense doodgemaak het omdat sy hond gesteel is. Dit lyk dan so mooi as so baie mense in stadige beweging, bloeiend en sterwend deur die lug trek. Nie een registreer as ’n karakter nie. Hulle is suiwer geskep om vermoor te word.

In sy opvolg met die “oorspronklike” titel, JOHN WICK: CHAPTER 2, is ‘n booswig ongelukkig omdat sy motor gesteel word en iemand hom by ‘n moordplan betrek. Daarvoor skiet hy 147 mense dood... Ja, iemand het die lyke getel!

JOHN WICK: CHAPTER 2is ʼn uiters onverskillige en onverantwoordelike rolprent wat dood en moord sodanig verglans, dat dit die indruk skep dat dit geoorloof is om te moor, want dit maak sulke mooi prentjies.

Daar is byvoorbeeld ʼn toneel waar Reeves en ʼn opponent tientalle koeëls na mekaar skiet, (natuurlik kry Wick skaars ʼn skrapie) en dan kroeg toe gaan asof hulle ou rugbypêlle is. Hulle kuier dan lekker hand om die lyf terwyl hulle ʼn dop maak, en gaan dan voort om mekaar te skiet. Dis daardie soort videospeletjie-geweld wat gebruik word.

ʼn Waarskuwing: jy kyk vir 2 ure lank hoe talle mense doodgemaak word in pragtige plekke – elkeen ʼn ontwerper-slaghuis vir gruwelmoorde. Ek kon beswaarlik daardeur sit, maar tienerlaaities vol testosteroon sal die moorde jubelend orgasties ervaar en lekker daaroor lag. JOHN WICK: CHAPTER 2 is ʼn gevaarlike rolprent.

JOHN WICK: CHAPTER 2
JOHN WICK: CHAPTER 2
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 12)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?