A CURE FOR WELLNESS

A CURE FOR WELLNESS
PG
A CURE FOR WELLNESS
Datum uitgereik: Vrydag 17 Februarie 2017
Regisseur: Gore Verbinski

Gradering: 8

A CURE FOR WELLNESS is in die buitelandse pers gekasty, maar ek dink die kritiek was onregverdig. Dit is ʼn rolprent met foute - flawed soos die Engelse sou sê, maar goed.

In hierdie donker en grieselrige drama beland die bestuurder van ʼn maatskappy in ʼn spa uit die hel. ʼn Jong onderdaan, knap gespeel deur Dane DeHaan, gaan haal hom. Hy ontdek ʼn verwronge soort Nazi-Frankenstein-martelpaleis wat One Flew over the Cuckoo’s Nest na Liefde-langs-die-Leliedam laat lyk.

Wees gewaarsku: A CURE FOR WELLNESS smokkel ERNSTIG met jou kop. Dit tart en treiter jou met ʼn wrede, onvoorspelbare storie en ʼn klomp kinkels wat jou mag ontstel. Net aanbeveel vir aanhangers van sielkundige rillers.

A CURE FOR WELLNESS
A CURE FOR WELLNESS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 1)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?