BALLERINA

BALLERINA
PG
BALLERINA
Datum uitgereik: Vrydag 6 Januarie 2017

Gradering: 8

Animasie is besig om so goed te raak, dit gee lewende aksie kompetisie. BALLERINA gaan oor ʼn weeskind (sprokies se gunsteling-karakter) wat in ʼn balletskool beland en ʼn goeie ballerina word. Maar sy het baie vyande.

Eerstens is die rekenaar-animasie van die ballettonele asemrowend. Dit is so goed, jy vergeet dat jy na tekeninge en prentjies kyk. Tweedens het die karakters meer diepte as waaraan ʼn mens gewoond is. En derdens is die storie boeiend en aangrypend. Dus sal nie net ma’s en dogters van BALLERINA hou nie. Dit is ingestel op ʼn wyer smaak as dit.

BALLERINA is ʼn pragtige rolprent, en voordat die kleingoed teruggaan skool toe, is dit die aangewese manier om hulle uit die kwaad te hou of vir oulaas te trakteer. BALLERINA is uitstekend.

BALLERINA
BALLERINA
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 10)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?