ZOOTROPOLIS

ZOOTROPOLIS
PG
ZOOTROPOLIS
Datum uitgereik: Vrydag 4 Maart 2016

Gradering: 8

ZOOTROPOLIS sinspeel eintlik op ʼn stad met diere, maar dan elke soort dier waaraan jy kan dink. ʼn Goedige hasie meld haar aan as polisievrou. Haar kollega is ʼn jakkals. Maar is jakkalse nie altyd slu en slinks nie? Is hy wie hy voorgee om te wees? En sal hulle misdaad in die groot stad kan uitwis?

ZOOTROPOLIS is ʼn besondere animasie sonder liedjies, met ʼn sedelessie wat goed by die kleingoed sal afgaan. Dit sê: selfs al het jy verskillende politieke oortuigings, selfs al behoort jy tot ʼn ander kultuur en dink jy anders oor die lewe, kan jy saamwerk en van mekaar hou. En kan jy wêrelde versit. Die storie het baie meer om die lyf as gewone tekenprente en elke toneel neem die fliek in ʼn ander rigting, sodat selfs Pa en Ma die film sal geniet. Ek wed jou julle sal heerlik met die kleingoed praat en vir hulle verduidelik na die tyd.

ZOOTROPOLIS
ZOOTROPOLIS
Publiek se gradering uit 10
   (Stemme: 13)

Hoeveel sterre gee jy hierdie fliek?