Programme

Tranetrekkers

Tranetrekkers

Sondag - 10:00-11:00

Tranetrekkers is nie net musiek waarna ons in melankoliese en reflektiewe oomblikke luister nie! Dis musiek wat ons al so diep geraak het of wat so gepas was vir wat op daardie stadium in jou lewe aan die gebeur was, dat jy nog jare daarna wanneer jy weer die liedjie hoor, nog steeds die herrinnering kan oproep en presies onthou oor hoekom hierdie liedjie op daardie tydstip in jou lewe, trane in jou oë laat opwel het. Baie mense sien tranetrekkers net as sniksange of weenwysies en dink dadelik dat dit beperk is tot dit waarmee sangers soos die Briels en Charles Jacobie in die jare vyftigs of sestigs bekendheid verwerf het. Maar die laaste vier dekades was daar ‘n oplewing in hierdie genre wat dit verlos het van die snot-en-trane stigma wat daaraan gekleef het. Johan van Lill ontgin in hierdie musiekreeks verskillende temas van musiek wat as tranetrekkers bekend staan. Tranetrekkers is nie net tot musiek beperk nie, dit sluit ook in flieks, boeke, tv-reekse en verhoogstukke.