Programme

Die avonture van Bibberbobbejaantjie

Die avonture van Bibberbobbejaantjie

Sondag - 18:10-18:20

Bibber is ‘n bangerige bobbejaan, maar stadigaan begin hy meer dapper word saam met sy maats en hulle avonture in die bos. Saam met Trieks en sy rowwe neefs, Boela en Breker, leer Bibber en sy maats van liefde en dapper wees. Ouma Wiese se wyshede leer hulle ook hoe om elke dag met mekaar saam te lewe.

Die avonture van Bibberbobbejaantjie is geskryf deur Lizette Murray. Die verteller is Crystal Donna Roberts. Die stemme word gedoen deur Thomas van Niekerk.