Programme

Vrouesupersterre

Vrouesupersterre

Donderdag - 20:30-21:00

‘n Reeks van 13 episodes oor ses vrouesangkunstenaars uit die laat sestigs, sewentigs, tagtigs en negentigs, wat tot vandag hulle musiek en invloed wêreldwyd laat geld danksy die magtige Amerikaanse mediamasjien. Die sangers is die rock- en popsuperster, Madonna, die rock-, ritme- en bluessanger, Whitney Houston, die Amerikaanse sanger van ligte musiek, Barbra Streisand, die rock-, ballade-, en operettesanger, Linda Ronstadt, die countrykunstenaar en liedjieskrywer, Dolly Parton en die Griekse liefling van ligte musiek, Nana Mouskouri.