Programme

Die Concerto

Die Concerto

Sondag - 10:00-11:00

Een van die grootste vertoonvensters vir instrumentale soliste van klassiekemusiek, is tot vandag toe nog die Concerto. Hier meet ‘n solis sy musikale en tegniese vernuf teenoor die orkes, soms in samewerking, soms in kompetisie. Ons loop die pad van die Concerto se ontwikkeling vanaf die 17de af eeu tot vandag, langs hoofpaaie van ou bekendes soos Bach, Vivaldi, Mozart, Beethoven, Grieg, Tsjaikofski, Rachmaninof en Prokoffiev, tot afdraaipaadjies van minder bekende komponiste en sypaadjies van ons eie Suid-Afrikaanse komponiste en kunstenaars.