Programme

TERUG

Radioteater

Vorige Programme

Donderdag 11 Oktober 2018
met
20:00-21:00

LAAT HERFS deur Richard van der Westhuizen
Regie: Mari Snyman

Andrew Beyers se lewe het, soos die meeste mense s'n, nie heeltemal verloop soos wat hy graag sou wou hê nie. Dan ontmoet hy, heel toevallig, 'n sprankelende jong kunstenaar, en sy verander sy lewe ingrypend…

Die spelers is Richard van der Westhuizen, Eloise Cupido, Lochner se Kock, Chris van Rensburg, Elma Potgieter, Johny Klein en Louise Eksteen.

Potgooi
LAAT HERFS deur Richard van der Westhuizen

Andrew Beyers se lewe het, soos die meeste mense s'n, nie heeltemal verloop soos wat hy graag sou wou h nie. Dan ontmoet hy, heel toevallig, 'n sprankelende jong kunstenaar, en sy verander sy lewe ingrypend

Laai die mp3 af (52684KB)

Donderdag 4 Oktober 2018
met
20:00-21:00

ONTYDIGE TYDINGS deur Albert Short
Regie: Christelle Webb-Joubert

Ontydige Tydings is ‘n opvolg op ‘n Voorlopige Begrafnis. Dis alweer begrafnistyd, maar die kis is swaar en die begraafplaas lê ver op ‘n hoogte. Dan bedink iemand ‘n plan. Dalk kan hulle die kis sommer met die lugballon soontoe vlieg? Dis veilig. Niks kan verkeerd gaan nie. Of kan dit?

Potgooi
ONTYDIGE TYDINGS deur Albert Short

Ontydige Tydings is n opvolg op n Voorlopige Begrafnis. Dis alweer begrafnistyd, maar die kis is swaar en die begraafplaas l ver op n hoogte. Dan bedink iemand n plan. Dalk kan hulle die kis sommer met die lugballon soontoe vlieg? Dis veilig. Niks kan verkeerd gaan nie. Of kan dit?

Laai die mp3 af (57919KB)

Donderdag 28 Junie 2018
20:00-21:00

WAAR IS TOMAS? deur Zoë Ras
Regie: Margot Luyt

Emma le Roux is ‘n jong versorger wat na ‘n bejaarde wewenaar, Giel Vermaak, moet omsien. Hulle verhouding is uit die staanspoor problematies. Tog kom Emma gou agter dat haar tyd saam met Giel haar lewe handomkeer gaan verander. Giel neem mettertyd vir Emma op verskeie avonture, wat haar dwing om haar verbeelding op speels dog kragtige maniere te gebruik. Emma leer dat ‘n mens se verbeelding jou kan laat lag en huil, maar ook genees. En sy besef hoe belangrik die literatuur vir die mensdom in sy geheel is.

Die hoofrolle word vertolk deur Frieda van den Heever (as Emma) en Carel Trichardt (as Giel). Die ander spelers is Dean Balie, Petru Wessels, André Weideman, Jumaine Hansen, Lise-Marie Richardson en Tarryn Wijngaard. Die tegniese en akoestiese versorging is deur Cassi Lowers.

Die dramaturg Zoë Ras is 25 jaar oud en woon in Johannesburg. Sy het haar eerste kortverhaal geskryf toe sy agt jaar oud was. Sy was al twee keer ‘n finalis in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Haar eerste vollengte-verhoogdrama is vroeër vanjaar in die PALI-kleinteater in Pretoria op die planke gebring.

Potgooi
WAAR IS TOMAS? deur Zo Ras

Emma le Roux is n jong versorger wat na n bejaarde wewenaar, Giel Vermaak, moet omsien. Hulle verhouding is uit die staanspoor problematies. Tog kom Emma gou agter dat haar tyd saam met Giel haar lewe handomkeer gaan verander. Giel neem mettertyd vir Emma op verskeie avonture, wat haar dwing om haar verbeelding op speels dog kragtige maniere te gebruik. Emma leer dat n mens se verbeelding jou kan laat lag en huil, maar ook genees. En sy besef hoe belangrik die literatuur vir die mensdom in sy geheel is.

Laai die mp3 af (48066KB)

Donderdag 21 Junie 2018
met
20:00-21:00

DIE REINE WAARHEID deur Eleanor Lombard
Regie: Joanie Combrink

Wanneer ‘n poskantoorwerker in ‘n klein dorpie ‘n storie oor een van die inwoners oorvertel, kry die storie stertjies by en word dit al hoe meer sensasioneel soos dit versprei. In ‘n verrassende wending sorg die slagoffer later vir komiese gevolge.

Die spelers is Lindie Stander, Esther von Waltsleben, Elanza Swart, Susanne Beyers, Lida Botha, Johan Botha, Johann Nel en Johan Stassen.

Potgooi
DIE REINE WAARHEID deur Eleanor Lombard

Wanneer n poskantoorwerker in n klein dorpie n storie oor een van die inwoners oorvertel, kry die storie stertjies by en word dit al hoe meer sensasioneel soos dit versprei. In n verrassende wending sorg die slagoffer later vir komiese gevolge.

Laai die mp3 af (51665KB)

Donderdag 14 Junie 2018
20:00-21:00

KOLSKOOT VISAGIE deur Christopher Joynt
Regie: Renske Jacobs

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Barend Visagie en sy seun, Willie. Dit speel in 1948 in die Swinburne-distrik af. Hoewel dit n fiktiewe storie is, is die drama is geskoei op die Suid-Afrikaanse volkslegende waarop C.M.van den Heever sy gedig, Waar ruwe rotse, gebasseer het.

Met Paul Lückhoff, Luan Jacobs, Ria Smit, Jacques Bosch en Lochner de Kock.

Waar Ruwe Rotse (C.M. van den Heever)
Waar ruwe rotse teen die hemel klim,
waar môrerooi se eerste traanglans glim

waar aasvoëls hoog in sirkelbane sweef,
hul rou gekras in afgronde laat leef;

waar grou-wit kranse na die klowe val,
gekeep-hou tot spelonke bo n dal;

waar oopgeskeurde klippekake wag
met draketande wat daar grynsend lag

daar knal opeens geweerskot bo die kruin
en eggos antwoord hard met skelbasuin.

Die dassies wip verskrik oor gladde krans,
patryse saai vlerktrillend uit hul skans.

Skuins glip n voet en drillend val n roer
n skerp geskuur n pad wat afwaarts voer.

Twee hande gryp n bos, die angs oorstelp,
benoud klink uit die diepte: Here, help!

Twee vader-oë kyk verward sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.

Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.

En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.

n Riem rol na die seun daaronder neer,
Bind vas, my kind en Pa die sal probeer.

Maar dis vergeefs die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.

En hulp snel by die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.

Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
Ek smeek dat Pa my skiet en nou …”

n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.

Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans n afloop-traan.

Vergeef my, God! n skoot gedemp en dof
en bo die bergegraf styg kruit en stof.

Nog skuur iets roglend in die diepte daar,
dis stil die aasvoëls kras n vader staar.

Potgooi
KOLSKOOT VISAGIE deur Christopher Joynt

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Barend Visagie en sy seun, Willie. Dit speel in 1948 in die Swinburne-distrik af. Hoewel dit n fiktiewe storie is, is die drama is geskoei op die Suid-Afrikaanse volkslegende waarop C.M.van den Heever sy gedig, Waar ruwe rotse, gebasseer het.

Laai die mp3 af (57323KB)

Donderdag 7 Junie 2018
20:00-21:10

DIE GANG deur Joe Kleinhans
Regie: Christelle Webb-Joubert

Die dag nadat wewenaar Jakob Swart by die Tuisbes-tehuis intrek, word hy in ‘n kantoor betrap waar hy, selfoon in die hand, in ‘n kabinetlaai krap. Dis in dieselfde tyd waar daar ‘n veldtog in die plaaslike koerante losbars oor die agteruitgang in die tehuis, met stawende foto’s. Matrone Malan kan nie anders as om te dink dat Tuisbes met hulp van binne gesaboteer word nie. Jakob is en bly haar verdagte nommer een. En waar Matrone altyd in die gang hoor wat aan die gebeur is in die tehuis, swyg die gang skielik soos die graf…

Die spelers is Louis van Niekerk, Woutrine Theron, Heidi Mollentze, Ria Smit, Janine Opperman en Marintha Labuschagne.

Potgooi
DIE GANG deur Joe Kleinhans

Die dag nadat wewenaar Jakob Swart by die Tuisbes-tehuis intrek, word hy in n kantoor betrap waar hy, selfoon in die hand, in n kabinetlaai krap. Dis in dieselfde tyd waar daar n veldtog in die plaaslike koerante losbars oor die agteruitgang in die tehuis, met stawende fotos. Matrone Malan kan nie anders as om te dink dat Tuisbes met hulp van binne gesaboteer word nie. Jakob is en bly haar verdagte nommer een. En waar Matrone altyd in die gang hoor wat aan die gebeur is in die tehuis, swyg die gang skielik soos die graf

Laai die mp3 af (65325KB)

Donderdag 31 Mei 2018
met
20:00-21:00

SKINK VIR MY ’N WHISKY deur Deon Johnston
Regie: Eben Cruywagen
(’n Drama geïnspireer deur, en gebaseer op ware gebeure)

Die bestuurder van ’n supermarkgroep word koelbloedig deur ’n gemaskerde rower doodgeskiet, enkele dae voor sy tweede huweliksherdenking. Vir sy jong weduwee is die skok en verlies te groot, en sy pleeg selfmoord. Haar broer sweer om die skuldiges aan die pen te laat ry. Hy roep sy jarelange vriend en privaatspeurder se hulp in. Die vriend se lewe is egter in 'n warboel as gevolg van sy leefstyl, en die ondersoek neem ’n onverwagte wending...

Met Albert Pretorius, Martelize Kolver, Wessel Pretorius, Christine Tesco, Pierre Nelson en Haidee Muller.

Die taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee.

Potgooi
SKINK VIR MY 'N WHISKY deur Deon Johnston

Die bestuurder van n supermarkgroep word koelbloedig deur n gemaskerde rower doodgeskiet, enkele dae voor sy tweede huweliksherdenking. Vir sy jong weduwee is die skok en verlies te groot, en sy pleeg selfmoord. Haar broer sweer om die skuldiges aan die pen te laat ry. Hy roep sy jarelange vriend en privaatspeurder se hulp in. Die vriend se lewe is egter in 'n warboel as gevolg van sy leefstyl, en die ondersoek neem n onverwagte wending...

Laai die mp3 af (48010KB)

Donderdag 24 Mei 2018
met
20:00-21:00

HITTEGOLF deur Martyn le Roux

Regie: Anrich Herbst

Fanus en Linda Vermaak woon in Belville saam met Fanus se ma en hulle twee “amper groot” kinders. Die “koors” van aardverwarming slaan toe wanneer die noodlot dit so wil hê dat klomp dinge op een baie warm dag skeefloop. Die gevolg is ‘n absurde kruis met realisme in ‘n sitkom-styl tragiekomedie wat kontemporêre temas soos dwelms, drank en dobbel aanraak. ‘n Lag met ‘n traan daarby.

Die spelers is James Borthwick, Franci Swanepoel, Elize Cawood, Mandi Baard, Kaz McFadden en Anrich Herbst as die Nuusleser.

Potgooi
HITTEGOLF deur Martyn le Roux

Fanus en Linda Vermaak woon in Belville saam met Fanus se ma en hulle twee amper groot kinders. Die koors van aardverwarming slaan toe wanneer die noodlot dit so wil h dat klomp dinge op een baie warm dag skeefloop. Die gevolg is n absurde kruis met realisme in n sitkom-styl tragiekomedie wat kontemporre temas soos dwelms, drank en dobbel aanraak. n Lag met n traan daarby.

Laai die mp3 af (59779KB)

Donderdag 17 Mei 2018
20:00-21:00

KOP deur Schalk Schoombie
Regie: Johan Rademan

Set Niemand is ‘n belowende pianis. Hy word gediagnoseer met ‘n vernietigende siektetoestand wat sy liggaam aanval. ‘n Russiese gimnas word breindood verklaar en siedaar, Set se kop word op die gimnas se lyf oorgeplant deur ‘n span Suid-Afrikaanse geneeshere in Moskou in die Kremlin.  Aanvaar die kop en die lyf mekaar? Hoe reageer die medici daarop? En wat van eie belang? Is dit moontlik en volhoubaar?

Die spelers is Eloff Snyman as Set jnr. en Wilhelm van der Walt as Set snr.  Die dokters is André Weideman en Lindie Stander, en die verpleegster is Karli Heine.  Veteraanakteurs Johann Nel en Suzanne Beyers is onderskeidelik die woorvoerder van die oorplantingspan en Set se ma.

Potgooi
KOP deur Schalk Schoombie

Set Niemand is n belowende pianis. Hy word gediagnoseer met n vernietigende siektetoestand wat sy liggaam aanval. n Russiese gimnas word breindood verklaar en siedaar, Set se kop word op die gimnas se lyf oorgeplant deur n span Suid-Afrikaanse geneeshere in Moskou in die Kremlin. Aanvaar die kop en die lyf mekaar? Hoe reageer die medici daarop? En wat van eie belang? Is dit moontlik en volhoubaar?

Laai die mp3 af (44298KB)

Donderdag 10 Mei 2018
met
20:00-21:25

‘N POPHUIS deur Henrik Ibsen
Regie: Suzanne van Wijk

‘n Argiefdrama ter viering van die Noorse skrywer en dramaturg Henrik Ibsen se 190ste verjaardag

Noora Helmer kan as ‘n tipiese bedorwe en opgepiepte ryksmansvrou beskryf word. Haar man, Toorwald, is ‘n bankbestuurder en hulle huwelik lyk op die oog af gevul met geluk. Maar op Oukersaand klop ‘n skuldeiser aan Noora se deur en eis sy pond vleis. Dit bring haar nie net in konfrontasie met haar man nie, maar ook met haarself. Sy besef dat sy tot dusver net almal se speelding was. ‘n Skadelose poppie. Tog is dit nou tyd om groot te word...

Die spelers is Sandra Kotzé as Noora, Cobus Rossouw as Toorwald asook Fanie Bekker, Helena Scholtz, Robert Mohr en Amanda Muller.

Potgooi
N POPHUIS deur Henrik Ibsen

Noora Helmer kan as n tipiese bedorwe en opgepiepte ryksmansvrou beskryf word. Haar man, Toorwald, is n bankbestuurder en hulle huwelik lyk op die oog af gevul met geluk. Maar op Oukersaand klop n skuldeiser aan Noora se deur en eis sy pond vleis. Dit bring haar nie net in konfrontasie met haar man nie, maar ook met haarself. Sy besef dat sy tot dusver net almal se speelding was. n Skadelose poppie. Tog is dit nou tyd om groot te word...

Laai die mp3 af (78920KB)