Programme

TERUG

RSG Sport

Vorige Programme

Saterdag 13 Oktober 2018
16:50-17:15

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Errol Tobias oor Doc Craven

Suid-Afrika se bekendste rugbyadministrateur, Danie Craven, sou vanjaar op 11 Oktober 108 jaar oud geword het. Hy het vir die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie, Noord-Transvaal én die Springbokke uitgedraf. Jody Hendricks het met Oudspringbok Errol Tobias gepraat oor hoe hy Doc Carven onthou, en die rol wat Craven in sy loopbaan gespeel het.

Laai die mp3 af (11 235KB)

Woensdag 10 Oktober 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Julian Redelinghuys oor die nekbesering wat sy rugbyloopbaan beëindig het

Die All Black-flank, Sam Cane, se deelname aan aanstaande jaar se Wêreld¬bekertoernooi is in die weegskaal nadat hy Saterdag in die 35ste minuut van die wedstryd teen die Springbokke, sy nek gebreek het. Hy het lank roerloos bly lê voordat hy die veld minute later wankelrig verlaat het. Jody Hendriks praat oor die impak wat so ‘n besering op jou lewe kan hê, met die voormalige Springbokstut Julian Redelinghuys, wat in 2016 weens ‘n nekbesering moes ophou rugby speel.

Laai die mp3 af (6 321KB)

Saterdag 22 September 2018
15:00-17:15

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Akrogimnastiek en trampolien

Wat is die standaarde en ontwikkelingspeil van gimnastiek in Suid-Afrika? Fritz Klaaste praat met Luitha Roux van die Gautengse Wesrand oor haar deelname aan gimnastiek, en die klub wat sy op die been gebring het vir trampolien en akrogimnastiek.

Laai die mp3 af (11 913KB)

Maandag 17 September 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
RSG Sport Aanlyn - Episode 2

Dit was weer ‘n propvol sportnaweek. Almal gons steeds oor die Bokke se sege van 36-34 oor die All Blacks, en daar was ‘n groot boksgeveg in Las Vegas. Jody Hendriks bespreek die pad vorentoe vir die Springbokke. Dit is vandeesweek presies ‘n jaar voor die Wêreldbeker in Japan begin. Die Bokke speel op 21 September 2019 in hulle eerste wedstryd van die toernooi teen die All Blacks. Jody het twee voormalige Bokspelers gevra wat die Bokke in die volgende jaar moet doen om ‘n faktor by die toernooi te wees. Hy het ook met die voormalige SA Bokskampioen Sebastiaan Rothman gepraat oor Canelo Alvarez en Gennadi Golofkin se geveg. Alvarez het die geveg net-net gewen.

Laai die mp3 af (4 673KB)

Donderdag 13 September 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Ricardo Laubscher oor Bokke

Die Springbokke en All Blacks het 95 keer teen mekaar gespeel, waarvan die Kiwis 57 gewen het, en die Bokke net 35. Drie wedsyde was gelykop. Saterdag sal sal die 96ste keer wees wat die twee spanne mekaar pak. Jody Hendricks het die voormalige Springbok-hulpafrigter, Ricardo Laubscher, se mening oor die wedstryd gevra.

Laai die mp3 af (6 127KB)

Woensdag 12 September 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
John-Laffnie de Jager oor Serena

Serena Williams is beboet oor haar gedrag tydens die eindstryd van die Amerikaanse Ope, toe sy teen Naomi Osaka verloor het. Sy moet sowat R259,000 opdok vir gedragskodeoortredings waarvoor sy tydens die wedstryd gewaarsku is. Sy is onder andere gewaarsku en met 'n punt gestraf toe sy haar raket stukkend gegooi het. Sy het heftig gereageer en die baanskeidsregter as 'n dief en leuenaar uitgekryt, omdat hy haar met 'n punt gestraf het. Sy is toe met 'n pot gestraf. Williams het ook beswaar gemaak omdat manstennispelers wat hulle humeur op die baan verloor, meestal nie gestraf word nie. Jody Hendricks het die tennisafrigter John-Laffnie de Jager se mening oor die Williams voorval gevra.

Laai die mp3 af (3 562KB)

Maandag 10 September 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
RSG Sport Aanlyn - Episode 1

In die eerste episode van RSG SPORT AANLYN kyk Jody Hendricks an die afgelope naweek se hoofsportgebeure: die oorsake van die Bokke se nederlaag teen Australië; Bafana se gelykopuitslag teen Libië; en die Amerikaanse Tennis Ope wat in New York tot 'n einde gekom het.

Laai die mp3 af (5 939KB)

Donderdag 6 September 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Pedrie Stofberg

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het ses veranderinge aan sy span aangebring wat die naweek in Brisbane teen Australië speel. Die veelsydige agterspeler, Cheslin Kolbe, is op die plaasvervangersbank gekies, en het Springbok nommer 911 geword om die groen en goud oor sy kop te trek. Jody Hendricks het met Kolbe se skoolafrigter Pedrie Stoffberg gepraat.

Laai die mp3 af (5 263KB)

Saterdag 4 Augustus 2018
15:00-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Kotie Grové sterf

Die veteraan-krieketkommentator, Kotie Grové, is Vrydag 3 Augustus 2018 in die ouderom van 71-jaar oorlede. Sy eerste betrokkenheid by krieketverslaggewing was in 1976 toe hy by die SAUK se kommentaarspan aangesluit het. Die volgende jaar het hy sy eerste kommentaar gelewer in 'n wedstryd tussen die Oostelike Provinsie en Natal by St. George's Park in Port Elizabeth. Jody Hendricks het met van sy oudkollegas gepraat.

Laai die mp3 af (12 487KB)

Woensdag 1 Augustus 2018
17:45-18:00

'n Opsomming van die dag se sportgebeure.

Potgooi
Afrika Atletiek-kampioenskap

Die Afrika Atletiek-kampioenskap in Nigerië was veronderstel om vandag te begin, maar dit is tydelik uitgestel omdat van die atlete nog op die lughawe in Lagos gestrand is. Atletiek Suid-Afrika het ‘n span van 79 atlete na die byeenkoms gestuur. Die voormalige atleet, Geraldine Pillay, het met Jody Hendricks oor die byeenkoms gepraat.

Laai die mp3 af (3 303KB)