Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

Programme

TERUG

Van boek tot silwerdoek

Vorige Programme

Donderdag 17 September 2020
20:30-21:00

45 jaar nadat die fliek uitgereik is, sal die meeste mense waarskynlik steeds dadelik die temamusiek van JAWS herken. Maar dis nie die enigste rede hoekom JAWS steeds as ‘n ikoniese rolprent beskou word nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop verklap alles oor die boek én die rolprent. 

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 17 September 2020

45 jaar nadat die fliek uitgereik is, sal die meeste mense waarskynlik steeds dadelik die temamusiek van JAWS herken. Maar dis nie die enigste rede hoekom JAWS steeds as ‘n ikoniese rolprent beskou word nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop verklap alles oor die boek én die rolprent.

Laai die mp3 af (21 839KB)

Donderdag 10 September 2020
20:30-21:00

Meer as drie dekades nadat dit uitgereik is, sal die meeste van ons steeds dadelik The Mission se klankbaanmusiek herken. Leon van Nierop vertel wat agter die skerms gebeur het tydens die verfilming, en Ilse Salzwedel gesels oor die boek waarop die film gebasseer is. Jy kan ook meer uitvind oor Ennio Morricone, die komponis van die aangrypende musiek.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 10 September 2020

Meer as drie dekades nadat dit uitgereik is, sal die meeste van ons steeds dadelik The Mission se klankbaanmusiek herken. Leon van Nierop vertel wat agter die skerms gebeur het tydens die verfilming, en Ilse Salzwedel gesels oor die boek waarop die film gebasseer is. Jy kan ook meer uitvind oor Ennio Morricone, die komponis van die aangrypende musiek.

Laai die mp3 af (20 421KB)

Donderdag 27 Augustus 2020
20:30-21:00

Thomas Harris se topverkoperboek wat 'n lokettreffer geword het, is THE SILENCE OF THE LAMBS. Die rolprentweergawe is een van net drie in die geskiedenis van die Oscars wat met die vyf "groot" Oscars bekroon is.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 27 Augustus 2020

Thomas Harris se topverkoperboek wat 'n lokettreffer geword het, is THE SILENCE OF THE LAMBS. Die rolprentweergawe is een van net drie in die geskiedenis van die Oscars wat met die vyf "groot" Oscars bekroon is.

Laai die mp3 af (23 467KB)

Donderdag 13 Augustus 2020
20:30-21:00

THE NOTEBOOK was Jonathan Sparks se eerste gepubliseerde roman, en ook die grootste sukses van die elf rolprente wat op sy boeke gegrond is. Leon van Nierop vertel meer oor die fliek, en Ilse Salzwedel gesels oor Sparks se skryfwerk.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 13 Augustus 2020

THE NOTEBOOK was Jonathan Sparks se eerste gepubliseerde roman, en ook die grootste sukses van die elf rolprente wat op sy boeke gegrond is. Leon van Nierop vertel meer oor die fliek, en Ilse Salzwedel gesels oor Sparks se skryfwerk.

Laai die mp3 af (15 044KB)

Donderdag 6 Augustus 2020
20:30-21:00

Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor THE SHINING, ‘n Stephen King-roman wat deur die bekroonde regisseur Stanley Kubrick in ‘n ikoniese rolprent omtower is.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 6 Augustus 2020

Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor THE SHINING, ‘n Stephen King-roman wat deur die bekroonde regisseur Stanley Kubrick in ‘n ikoniese rolprent omtower is.

Laai die mp3 af (23 971KB)

Donderdag 30 Julie 2020
20:30-21:00

Ilse Salzwedel gesels oor OUT OF AFRICA en die skrywer Karen Blixen, en jy kan ook meer uitvind oor John Barry, wat die rolprent se klankbaan gekomponeer het. Leon van Nierop gee sy indrukke oor hierdie epiese rolprent, wat beskou word as een van die beste rolprente wat nog ooit oor Afrika gemaak is.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 30 Julie 2020

Ilse Salzwedel gesels oor OUT OF AFRICA en die skrywer Karen Blixen, en jy kan ook meer uitvind oor John Barry, wat die rolprent se klankbaan gekomponeer het. Leon van Nierop gee sy indrukke oor hierdie epiese rolprent, wat beskou word as een van die beste rolprente wat nog ooit oor Afrika gemaak is.

Laai die mp3 af (20 887KB)

Donderdag 23 Julie 2020
20:30-21:00

THE GREAT GATSBY F. Scott Fitzgerald word beskou as een van die grootste romans van alle tye. Tog sou hy nooit in sy leeftyd die sukses daarvan beleef nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor die roman en die rolprent.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 23 Julie 2020

THE GREAT GATSBY F. Scott Fitzgerald word beskou as een van die grootste romans van alle tye. Tog sou hy nooit in sy leeftyd die sukses daarvan beleef nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor die roman en die rolprent.

Laai die mp3 af (15 804KB)

Donderdag 16 Julie 2020
20:30-21:00

Schindler’s List is gebaseer op ware gebeure uit die Tweede Wêreldoorlog, en hierdie epiese film word deur Leon van Nierop beskryf as die volmaakte rolprent. Ilse Salzwedel vertel ook meer van die dryfkrag agter die boek en rolprent.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 16 Julie 2020

Schindler’s List is gebaseer op ware gebeure uit die Tweede Wêreldoorlog, en hierdie epiese film word deur Leon van Nierop beskryf as die volmaakte rolprent. Ilse Salzwedel vertel ook meer van die dryfkrag agter die boek en rolprent.

Laai die mp3 af (19 997KB)

Donderdag 9 Julie 2020
20:30-21:00

Kan alle boeke rolprente word, en hoe werk die proses van ‘n draaiboek? Dit is van Ilse Salzwedel se vrae wat die rolprentkenner Leon van Nierop beantwoord. Hy vertel ook meer oor die rolprent GONE WITH THE WIND, en Ilse gee interessante agtergrond oor Margaret Mitchell se enigste roman. Jy kan ook luister na klankgrepe en musiek uit die rolprent.

Potgooi
Van boek tot silwerdoek 9 Julie 2020

Kan alle boeke rolprente word, en hoe werk die proses van ‘n draaiboek? Dit is van Ilse Salzwedel se vrae wat die rolprentkenner Leon van Nierop beantwoord. Hy vertel ook meer oor die rolprent GONE WITH THE WIND, en Ilse gee interessante agtergrond oor Margaret Mitchell se enigste roman.

Laai die mp3 af (24 114KB)