Programme

TERUG

Oppiradio

Vorige Programme

Vrydag 12 April 2019
20:00-21:00

Guy Buttery het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hy die eerste nie-klassieke musikant geword het wat die Standard Bank Young Artist-toekenning gewen het. Hy het ook op 17-jarige ouderdom die jongste musikant ooit geword om vir ‘n SAMA-toekenning genomineer te word. Die kitaarmeester vertel vir Christelle van Tonder van die toekenning, sy reise oorsee, en ‘n musiekskool in Sao Paolo, Brasilië, waar twee ongeletterde broers duisende kinders help deur middel van musiek.

Potgooi
Guy Buttery

Guy Buttery het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hy die eerste nie-klassieke musikant geword het wat die Standard Bank Young Artist-toekenning gewen het. Hy het ook op 17-jarige ouderdom die jongste musikant ooit geword om vir n SAMA-toekenning genomineer te word. Die kitaarmeester vertel vir Christelle van Tonder van die toekenning, sy reise oorsee, en n musiekskool in Sao Paolo, Brasili, waar twee ongeletterde broers duisende kinders help deur middel van musiek.

Laai die mp3 af (11071KB)

Vrydag 5 April 2019
21:10-22:00

Christelle van Tonder stel jou voor aan ‘n musikant wat van Mitchells Plain af kom, en as sesjarige voor ‘n winkel saam met sy broer begin sing het. Hy maak al jare lank musiek, maar het onlangs eers sy eerste oorspronklike skepping bekendgestel wat in Japan, Australië en baie Europese lande gespeel word. Die lied is nommer 1 in Duitsland! Brandton Charles vertel sy storie vir Christelle.

Potgooi
Branton Charles

Christelle van Tonder stel jou voor aan n musikant wat van Mitchells Plain af kom, en as sesjarige voor n winkel saam met sy broer begin sing het. Hy maak al jare lank musiek, maar het onlangs eers sy eerste oorspronklike skepping bekendgestel wat in Japan, Australi en baie Europese lande gespeel word. Die lied is nommer 1 in Duitsland! Branton Charles vertel sy storie vir Christelle.

Laai die mp3 af (14191KB)

Vrydag 29 Maart 2019
20:00-21:00

Carmen Rodrigues het die korporatiewe wêreld verruil vir ‘n voltydse loopbaan as musikant, nadat sy ‘n internasionale sanger/liedskrywer-kompetisie gewen het.

Potgooi
Carmen Rodrigues

Carmen Rodrigues het die korporatiewe wreld verruil vir n voltydse loopbaan as musikant, nadat sy n internasionale sanger/liedskrywer-kompetisie gewen het.

Laai die mp3 af (12767KB)

Vrydag 8 Maart 2019
20:00-21:00

Dan Patlansky word beskou as ‘n Blues-legende. Hy is aangewys as die vierde beste kitaarspeler in die wêreld! Dan toer gereeld in die buiteland, maar ploeg ook terug in die nuwe generasie musikante. Een keer ‘n jaar bied hy ‘n kitaarnaweek aan waar amateurmusikante van verskillende vlakke bymekaar kom om by die meester te leer. Hy vertel vir Christelle van Tonder van sy Elektriese Duo-toer, ‘n nuwe album en ‘n Europese toer in Oktober.

Potgooi
Dan Patlansky

Dan Patlansky word beskou as n Blues-legende. Hy is aangewys as die vierde beste kitaarspeler in die wreld! Dan toer gereeld in die buiteland, maar ploeg ook terug in die nuwe generasie musikante. Een keer n jaar bied hy n kitaarnaweek aan waar amateurmusikante van verskillende vlakke bymekaar kom om by die meester te leer. Hy vertel vir Christelle van Tonder van sy Elektriese Duo-toer, n nuwe album en n Europese toer in Oktober.

Laai die mp3 af (14842KB)

Vrydag 1 Maart 2019
20:00-21:00

Van Pietman Geldenhuys tot Pietman die Skot tot Peter Mitchell. Maak nie saak onder watter naam hy optree nie, hierdie grapjasmusikant het altyd die gehoor net waar hy hulle wil hê. Verlede jaar het hy sy heel eerste Afrikaanse album bekendgestel, Van die os op die jas.

Potgooi
Pietman Geldenhuys

Van Pietman Geldenhuys tot Pietman die Skot tot Peter Mitchell. Maak nie saak onder watter naam hy optree nie, hierdie grapjasmusikant het altyd die gehoor net waar hy hulle wil h. Verlede jaar het hy sy heel eerste Afrikaanse album bekendgestel, Van die os op die jas.

Laai die mp3 af (16297KB)

Vrydag 22 Februarie 2019
20:00-21:00

Jesse Clegg staan lankal nie meer in die skadu van sy bekende pa nie. Hy het in sy lang loopbaan sy eie gaatjie in die musiekbedryf plaaslik en internasionaal geskrop.  Met die ervaring om van kindsbeen af saam met sy pa, Johnny Clegg, op die pad te wees, is hy van vroeg af voorberei vir die lewe as musikant. Christelle van Tonder gesels met Jesse oor sy nuwe album, sy loopbaan in Los Angeles en die lewe op die pad.

Potgooi
Jesse Clegg

Jesse Clegg staan lankal nie meer in die skadu van sy bekende pa nie. Hy het in sy lang loopbaan sy eie gaatjie in die musiekbedryf plaaslik en internasionaal geskrop. Met die ervaring om van kindsbeen af saam met sy pa, Johnny Clegg, op die pad te wees, is hy van vroeg af voorberei vir die lewe as musikant. Christelle van Tonder gesels met Jesse oor sy nuwe album, sy loopbaan in Los Angeles en die lewe op die pad.

Laai die mp3 af (11287KB)

Vrydag 15 Februarie 2019
20:00-21:00

Sharon Katz kuier in Suid Afrika waar sy in 1993 The Peace Train-projek begin het. Sharon, 150 koorlede en die Grammy-bekroonde Ladysmith Black Mambazo het op ‘n trein geklim en deur die land gereis met hulle vertoning. Die meeste van die koorlede was kinders. Hulle boodskap was eenvoudig: hou op baklei en maak gereed vir die land se oorgang na ‘n vredevolle demokrasie. Nadat Nelson Mandela as president van Suid-Afrika verkies is, het Sharon na Amerika verhuis waar sy steeds The Peace Train bestuur en musiek maak reg oor die wêreld. Sy vertel vir Christelle van Tonder van die geskiedenis van die projek en haar lewe in Amerika.

Potgooi
Sharon Katz

Sharon Katz kuier in Suid Afrika waar sy in 1993 The Peace Train-projek begin het. Sharon, 150 koorlede en die Grammy-bekroonde Ladysmith Black Mambazo het op n trein geklim en deur die land gereis met hulle vertoning. Die meeste van die koorlede was kinders. Hulle boodskap was eenvoudig: hou op baklei en maak gereed vir die land se oorgang na n vredevolle demokrasie. Nadat Nelson Mandela as president van Suid-Afrika verkies is, het Sharon na Amerika verhuis waar sy steeds The Peace Train bestuur en musiek maak reg oor die wreld. Sy vertel vir Christelle van Tonder van die geskiedenis van die projek en haar lewe in Amerika.

Laai die mp3 af (12750KB)

Vrydag 8 Februarie 2019
20:00-21:00

Die kaptein van Afrikaanse musiek, Kurt Darren, spog met ‘n nuwe voorkoms én binnekort ook ‘n nuwe album. Hy verklap dat hy binnekort ook ‘n danslied saam met die groep, Pascal and Pearce, vrystel. Behalwe vir die nuwe album, gaan Kurt ook op ‘n Kids Cruise, Sokkie Cruise en hy verfilm ‘n realiteitsreeks saam met sy vrou. Christelle van Tonder het met hom gepraat.

Potgooi
Kurt Darren

Die kaptein van Afrikaanse musiek, Kurt Darren, spog met n nuwe voorkoms n binnekort ook n nuwe album. Hy verklap dat hy binnekort ook n danslied saam met die groep, Pascal and Pearce, vrystel. Behalwe vir die nuwe album, gaan Kurt ook op n Kids Cruise, Sokkie Cruise en hy verfilm n realiteitsreeks saam met sy vrou. Christelle van Tonder het met hom gepraat.

Laai die mp3 af (15251KB)

Vrydag 1 Februarie 2019
20:00-21:00

Na agt  jaar se wag, kan Corlea Botha se aanhangers hulleself voorberei vir ‘n splinternuwe album. Volgens Corlea is daar selfs ‘n moontlikheid van twee albums vanjaar! Sy gesels met Christelle van Tonder oor nuwe musiek, hoe sy gesien word deur die publiek, en haar groei as ‘n musikant.

Potgooi
Corlea Botha

Na agt jaar se wag, kan Corlea Botha se aanhangers hulleself voorberei vir n splinternuwe album. Volgens Corlea is daar selfs n moontlikheid van twee albums vanjaar! Sy gesels met Christelle van Tonder oor nuwe musiek, hoe sy gesien word deur die publiek, en haar groei as n musikant.

Laai die mp3 af (15199KB)

Vrydag 25 Januarie 2019
20:00-21:00

Lisa Katzke se debuutalbum het volgens haar geflop. Sy het die terugslag gebruik om te soek na wat dit is wat sy eintlik moet doen. Sy het selfs vir ‘n jaar lank ophou sing. Toe besluit sy om ‘n gospelalbum op te neem. Sy gesels met Christelle van Tonder oor haar reis van kommersiële musiek na gospel.

Potgooi
Lisa Katzke

Lisa Katzke se debuutalbum het volgens haar geflop. Sy het die terugslag gebruik om te soek na wat dit is wat sy eintlik moet doen. Sy het selfs vir n jaar lank ophou sing. Toe besluit sy om n gospelalbum op te neem. Sy gesels met Christelle van Tonder oor haar reis van kommersile musiek na gospel.

Laai die mp3 af (13555KB)