Programme

TERUG

Tranetrekkers

Vorige Programme

Sondag 18 Augustus 2019
10:00-11:00

In die sewende episode speel Johan van Lill musiek wat handel oor oorlog deur Vera Lynn, Barry Sadler en Marlene Dietrich. En Rina Hugo en Leon Schuster vertel meer van die liedjie, Troepie Doepie.

Sondag 11 Augustus 2019
10:00-11:00

In die sesde episode van Tranetrekkers speel Johan van Lill musiek wat pas by die temas van verlies, hartseer, die trauma wanneer iemand na aan jou besig is om te sterf, en die verlange na geliefdes wat nie meer met ons is nie.

Sondag 4 Augustus 2019
10:00-11:00

In die vyfde episode speel Johan van Lill musiek uit flieks, want die mooiste tranetrekkers kom van klankbane. Luister na liedjies wat deur flieks bekendheid verwerf het, maar nog lank na die fliek in reflektiewe oomblikke geluister word.

Sondag 28 Julie 2019
10:00-11:00

In die derde episode van Tranetrekkers speel Johan van Lill musiek wat uit musiekteaterstukke kom. Musiekteater of musicals het van die mooiste tranetrekkers opgelewer soos Don’t cry for me Argentinia, I dreamed a dream en Close every door to me.

Sondag 21 Julie 2019
10:00-11:00

In die derde episode van Tranetrekkers speel Johan van Lill musiek wat met liefdesteleurstellings te doen het. Ons gaan terug na die tyd toe dit mode was om musiek in Afrikaans te vertaal, en Billy Forrest vertel vir ons van sy treffer, Rosa Lief.

Sondag 7 Julie 2019
10:00-11:00

Episode 1: Oorsig

In die eerste episode  gee Johan van Lill ‘n oorsig van liedjies uit die verskillende temas waarna ons in die reeks na gaan luister. Ons begin by die Briels en Charles Jacobie wat hierdie genre aanvanklik oorheers het, luister na liedjies wat vertaal is en praat oor tranetrekkers uit musiekteaterstukke, flieks, ballet en opera.