Programme

TERUG

Skrumtyd op RSG

Vorige Programme

Maandag 19 Augustus 2019
20:00-20:30

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het vier spelers weggelaat uit sy moontlike groep vir die wêreldbekertoernooi in Japan. Erasmus het die name van 36 spelers aangekondig wat vandeesweek in Bloemfontein aan 'n oefenkamp sal deelneem. Die spelers wat hy weggelaat het, was almal deel van Saterdag se Springbokspan wat Argentinië met 24-18 geklop het. Hulle is die stut Wilco Louw, die haker Scarra Ntubeni, die losvoorspeler Marco van Staden en die agterspeler Dillyn Leyds. Erasmus sal sy finale groep vir die wêreldbeker op 26 Augustus aankondig. Die span sal op 6 September 'n opwarmingswedstryd teen Japan speel. Die toernooi begin op 20 September. Die losvoorspeler, Marcell Coetzee, kan ook nog in Erasmus se finale groep ingesluit word, maar hy is nie deel van die week se oefengroep nie omdat hy Saterdag harsingskudding opgedoen het. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokgroep wat moontlik vir die wêreldbeker gekies kan word.

Potgooi
Skrumtyd 19 Augustus 2019

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het vier spelers weggelaat uit sy moontlike groep vir die węreldbekertoernooi in Japan. Erasmus het die name van 36 spelers aangekondig wat vandeesweek in Bloemfontein aan 'n oefenkamp sal deelneem. Die spelers wat hy weggelaat het, was almal deel van Saterdag se Springbokspan wat Argentinië met 24-18 geklop het. Hulle is die stut Wilco Louw, die haker Scarra Ntubeni, die losvoorspeler Marco van Staden en die agterspeler Dillyn Leyds. Erasmus sal sy finale groep vir die węreldbeker op 26 Augustus aankondig. Die span sal op 6 September 'n opwarmingswedstryd teen Japan speel. Die toernooi begin op 20 September. Die losvoorspeler, Marcell Coetzee, kan ook nog in Erasmus se finale groep ingesluit word, maar hy is nie deel van die week se oefengroep nie omdat hy Saterdag harsingskudding opgedoen het. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokgroep wat moontlik vir die węreldbeker gekies kan word.

Laai die mp3 af (25 143KB)

Maandag 12 Augustus 2019
20:00-20:30

Die Springbokke is terug op Suid-Afrikaanse bodem nadat hulle die Rugbykampioenskap in Argentinië beklink het. Die span speel Saterdag in hulle laaste opwarmingswedstryd vir die Wêreldbekertoernooi teen die Argentynse Poemas, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal die kaptein vir die wedstryd later die week saam met die res van die span aanwys. Die groep wat in Japan om die Webb Ellis-trofee sal meeding word op 26 Augustus bekendgemaak. Jody Hendricks en sy paneel het die span se vertoning teen Argentinië ontleed.

Potgooi
Skrumtyd 12 Augustus 2019

Die Springbokke is terug op Suid-Afrikaanse bodem nadat hulle die Rugbykampioenskap in Argentinië beklink het. Die span speel Saterdag in hulle laaste opwarmingswedstryd vir die Węreldbekertoernooi teen die Argentynse Poemas, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal die kaptein vir die wedstryd later die week saam met die res van die span aanwys. Die groep wat in Japan om die Webb Ellis-trofee sal meeding word op 26 Augustus bekendgemaak. Jody Hendricks en sy paneel het die span se vertoning teen Argentinië ontleed.

Laai die mp3 af (28 247KB)

Maandag 5 Augustus 2019
20:00-20:30

Jody Hendricks bespreek die naweek se Curriebekerwedstryde, en kyk na die Bokke se toets komende Saterdag teen die Argentynse Poemas.

Potgooi
Skrumtyd 5 Augustus 2019

Jody Hendricks bespreek die naweek se Curriebekerwedstryde, en kyk na die Bokke se toets komende Saterdag teen die Argentynse Poemas.

Laai die mp3 af (26 365KB)

Maandag 29 Julie 2019
20:00-20:30

Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokke se gelykopuitslag teen die All Blacks. En Herschel Jantjites se pa praat oor sy seun se prestasies.

Potgooi
Skrumtyd 29 Julie 2019

Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokke se gelykopuitslag teen die All Blacks. En Herschel Jantjites se pa praat oor sy seun se prestasies.

Laai die mp3 af (24 325KB)

Maandag 22 Julie 2019
20:00-20:30

Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Springbokke se sege oor die Kiwis en kyk na die toets wat die komende naweek teen die All Blacks in Wellington voorlê.

Potgooi
Skrumtyd 22 Julie 2019

Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Springbokke se sege oor die Kiwis en kyk na die toets wat die komende naweek teen die All Blacks in Wellington voorlę.

Laai die mp3 af (26 093KB)

Maandag 15 Julie 2019
20:00-20:30

Jody Hendricks kyk terug na die eerste ronde van die Curriebeker wat die naweek plaasgevind het, en bespreek moontlike spankeuses vir die Bokke se eerste wedstryd teen Australie. Embrose Papier van die Bulle is Jody se gas.

Potgooi
Skrumtyd 15 Julie 2019

Jody Hendricks kyk terug na die eerste ronde van die Curriebeker wat die naweek plaasgevind het, en bespreek moontlike spankeuses vir die Bokke se eerste wedstryd teen Australie. Embrose Papier van die Bulle is Jody se gas.

Laai die mp3 af (24 272KB)

Maandag 8 Julie 2019
20:00-20:30

Jody Hendricks kyk terug na die Onder-18  Cravenweek wat die afgelope naweek in Bloemfontein tot ‘n einde gekom het. Hy loer in by die die Bok-oefenkamp, en doen ‘n voorskou van die 2019 Curriebeker wat die naweek begin.

Potgooi
Skrumtyd op RSG 8 Julie 2019

Jody Hendricks kyk terug na die Onder-18 Cravenweek wat die afgelope naweek in Bloemfontein tot ‘n einde gekom het. Hy loer in by die die Bok-oefenkamp, en doen ‘n voorskou van die 2019 Curriebeker wat die naweek begin.

Laai die mp3 af (26 619KB)

Maandag 1 Julie 2019
20:00-20:30

Die rugbylegende Mannetjies Roux is die gas, Roux het in April 80 jaar oud geword en het van sy loopbaanhoogtepunte met die luisteraars gedeel

Potgooi
Skrumtyd 1 Julie 2019

Die rugbylegende Mannetjies Roux is die gas, Roux het in April 80 jaar oud geword en het van sy loopbaanhoogtepunte met die luisteraars gedeel.

Laai die mp3 af (23 094KB)

Maandag 24 Junie 2019
20:00-20:30

Vandag 24 jaar gelede het die Springbokke die 1995 Rugby-Wêreldbekertoernooi gewen. Ons herleef dié dag met lede van die span asook ander rolspelers.

Potgooi
Skrumtyd op RSG 24 Junie 2019

Die Springbokke het die 1995 Rugby-Węreldbekertoernooi 24 jaar gelede gewen. Ons herleef dié dag met lede van die span asook ander rolspelers.

Laai die mp3 af (24 627KB)

Maandag 17 Junie 2019
20:00-20:30

Die Jong Bokkies het vasgeval teen die verdedigende kampioene in die halfeindwedstryd van die onder- 20 Wêreldbekertoernooi in Rosario in Argentinië. Suid-Afrika het met 7-- 20 teen Frankryk verloor, ná die rustydtelling 14--7 in die Franse se guns was.  Jody Hendricks en sy paneel het die wedstryd voor die afskop bespreek 
 

Potgooi
Skrumtyd 17 Junie 2019

Die Jong Bokkies het vasgeval teen die verdedigende kampioene in die halfeindwedstryd van die onder- 20 Węreldbekertoernooi in Rosario in Argentinië. Suid-Afrika het met 7-- 20 teen Frankryk verloor, ná die rustydtelling 14--7 in die Franse se guns was. Jody Hendricks en sy paneel het die wedstryd voor die afskop bespreek

Laai die mp3 af (26 998KB)