Programme

TERUG

Vrouesupersterre

Vorige Programme

Donderdag 20 September 2018
20:30-21:00

Nana Mouskouri is grootgemaak deur twee sensitiewe ouers, want toe sy op ses al buitengewone sangtalent openbaar, laat haar ouers haar van twaalfjarige ouderdom af sangles neem by die Atheense Konservatorium. Waarskynlik is haar ouers se positiewe invloed ook ‘n groot bydraende faktor vir die sjarmante selfvertroue waarmee Nana haar sang- en lewensreis aanpak en bedryf. Sy word uiteindelik wêreldbekend en geliefd, maar sy bly lojaal aan haar Griekse nasionale identiteit. In 1959 met die eerste Griekse Sangfees, sing sy Word wakker my lief, deur die Griekse komponis, Manos Hadjidakis en die lied wen eerste prys. In 1961 sing sy dit weer op die Mediterreënse Sangfees in Barcelona. Die lied wen weer, en Nana teken 'n kontrak met Philips-Fontana wat in Parys gebaseer is.

Musieksnitte
Weisse Rosen aus Athen
Love me tender
Spuren im Sand
Sag’ mir wo die Blumen sind
Over and Over
Cu-cu-ru Paloma

Donderdag 13 September 2018
20:30-21:00

Dolly Parton se pioniersfamilie was brandarm, maar sy word groot met musiek. Haar ma sing en speel kitaar, en ‘n oom van haar gee vir haar haar eerste winkelkitaar present toe sy agt jaar oud was. Soos menige van haar tydgenote, begin Dolly ook in die kerk sing. Sy sing maklik en sonder inspanning en begin vroeg-vroeg liedjies skryf. Twee van haar bekendstes is haar countrytreffer, Jolene, en I Will Always Love You wat die temalied was vir die rolprent The Bodyguard.

Musieksnitte
Jolene
Love is like a butterfly
Best Woman Wins
9 to 5
Runaway Feelin
D.I.V.O.R.C.E.
The Last Thing On My Mind

Donderdag 6 September 2018
20:30-21:00

Dolly Parton is ‘n dogter uit ‘n pioniersfamilie in Tennessee se diep platteland, brandarm, maar allesbehalwe agterlik. Dié agtergrond het van haar ‘n sterk, lojale, beginselvaste en empatiese vrou en kunstenaar gemaak.

Musieksnitte
Put A Little Love In Your Heart
Coat of Many colours
Daddy was an old time Preacher Man
The Seeker
Harper Valley PTA
Just because I’m A Woman
I Will Always Love You

Donderdag 30 Augustus 2018
20:30-21:00

Linda Ronstadt verklap in 2013 in ‘n onderhoud met die tydskrif Vanity Fair dat sy aan haar sang kon agterkom wanneer Parkinson se siekte by haar moes ontwikkel het. “Ek het op my beste gesing toe Parkinsons begin posvat het, maar ‘n baie geleidelike proses van aftakeling was alreeds aan die gang. Ek het begin sukkel met projeksie – selfs my praatstem is geaffekteer, maar ek het aangepas – gedink dit was seker maar deel van die oudwordproses. Toe ek begin sukkel om my tande te borsel, het ek vir die eerste keer ‘n neuroloog gaan raadpleeg.” Linda Ronstadt het in 2012 haar uittrede uit die musiekwêreld aangekondig.

Musieksnitte
Heart like a Wheel
When I Fall In Love
Los Laureles
Falling in Love Again
Poor, poor Pityful Me
Winter Light

Donderdag 23 Augustus 2018
20:30-21:00

“My tweede naam is eklekties,” sê Linda Ronstadt oor die gemak waarmee sy van een musiekgenre na die ander oorgaan. Sy noem die operadiva, Maria Callas, haar grootste inspirasie van alle tye. “Ek het meer van rockmusiek by Maria Callas geleer as by enigiemand anders.”

Musieksnitte
Diffferent Drum
Por un Amor
What’s New
Heat Wave
Blue Bayou
I’ve got a crush on you
When will I be loved

Donderdag 16 Augustus 2018
20:30-21:00

Barbra Streisand ly aan hewige verhoogvrees, maar sy besweer dit met harde werk, fokus en onbeskaamde vermetelheid - om die Duitsjoodse uitdrukking te gebruik – chutzpah. In die biografie oor haar deur Donald Zec en Anthony Fowles, word daar nie doekies omgedraai nie. Sy is moeilik (selfs onmoontlik), maar sy is ook briljant. Geen wonder sy wou die rolprent Yentl maak nie – die storie van ‘n Pools-Joodse meisie in die negentiende eeu in Pole wat die Torah wou bestudeer en haarself as ‘n seun moes vermom om dit reg te kry.

Musieksnitte
If You Go Away (Ne Me Quitte Pas)
Second Hand Rose
People
He touched Me
Gotta Move
Free Again

Donderdag 9 Augustus 2018
20:30-21:00

Barbra Streisand is ‘n skerpsinnige en bekkige Jodin uit Brooklyn, wat haar ná hoërskool met mening tuisgemaak het in die teaterdistrik, Greenwich Village. Sy wou ‘n goeie akteur word en sy hét, op haar voorwaardes. Niemand kon (of wou) vir haar sê hoe om te werk te gaan nie. Sy het dit intuïtief geweet – ‘n akteur begin op die verhoog werk as verhooghulp – en jy hou jou oë en jou ore oop. Jy wag nie vir ‘n leermeester om jou te vertel van Stanislafski nie, jy gaan lees hom self in die biblioteek en jy pas sy metodiek by die huis toe... en die res is geskiedenis.

Musieksnitte
The Way we Were
Liefdestema: A Star is Born – Liefdestema
Liefdestema: Eyes of Laura Mars
Stoney End
You’re A Step In the Right Direction
Emotion

Donderdag 2 Augustus 2018
20:30-21:00

Whitney Houston het as die eerste Afro-Amerikaanse vrou wat op die tydskrif, Seventeen, se voorblad gepryk het, teen wil en dank in die groter kollig begin baai. Dit het die pad oopgemaak vir ‘n volgende generasie swart Amerikaanse vrouekunstenaars, en dit was goed vir haar plateverkope, maar nie noodwendig vir haar nie. Nie alle temperamente floreer onder die vergrootglas van ‘n nuuskierige en veroordelende publiek nie. Dít en haar huislike probleme het haar selfvertroue en selfbeeld ondermyn.

Musieksnitte
One Moment in Time
Step by Step
Queen of the Night
Heartbreak Hotel
I learned from the Best
Love will save the day

Donderdag 26 Julie 2018
20:30-21:00

Whitney Houston het soos so baie wêreldbekende kunstenaars ‘n wipplank-huwelik aan die gang probeer hou, maar haar verbintenis met Bobby Brown, sanger, liedjieskrywer, danser en akteur word in 2007 beëindig. Eintlik ironies dat haar vertolking van Dolly Parton se lied, I Will Always Love You, een van Whitney se grootste treffers ooit sou word. Dit was onder andere ook die temalied vir The Bodyguard waarin sy teenoor Kevin Costner gespeel het.

Musieksnitte
I Wanna Dance
So Emotional
I’m Every Woman
Saving All My Love For You
I Will Always Love You

Donderdag 19 Julie 2018
20:30-21:00

Madonna was haar lewe lank op soek na aanvaarding en liefde. Dit word duidelik uit al die biografieë oor die superster. Sy het gekul gevoel na haar ma se dood toe sy net vyf jaar oud was, veral omdat die twee Madonnas so geheg was aan mekaar. Aan die ander kant kon wêreldbekendheid en finansiële onafhanklikheid nooit die plek inneem van haar hunkering na romantiese liefde nie. So gestel, klink dit na ‘n holruggeryde waarheid, tog kom dit telkens na vore in Madonna se lewensverhaal.

Musieksnitte
La Isla Bonita
True Blue
Don’t Cry For Me Argentina
Beautiful Stranger
Mother & Father