Programme

TERUG

Musiekbonbons

Vorige Programme

Sondag 17 Junie 2018
10:00-11:00

Luister na 'n deel uit Telemann se TAFEL MUZIK, 'n klavierstudie van Chopin, en 'n deel uit Handel se ODE AAN ST. CECILIA.

Donderdag 14 Junie 2018
21:10-22:00

Luister na 'n lied van Novello, FINDER, PLEASE RETURN, 'n koorwerk uit die Messias van Handel, en Sylvia McNair gee 'n vertolking van 'TIS DONE, I AM A BRIDE uit THE YEOMAN OF THE GUARD deur Sullivan.

Sondag 10 Junie 2018
10:00-11:00

Luister na 'n deel uit ‘n simfonie vir strykers van Pergolesi, die Duitse volklied, DAAR WAS ‘N KLOOSTER, wat uitgevoer word deur 'n mannekoor, 'n opgewekte werk vir klavier en orkes van Von Weber, en 'n deel uit een van Beethoven se vioolsonatas.

Donderdag 7 Junie 2018
21:20-22:10

Luister na 'n kitaarweergawe van Mozart se bekende LAUDATE DOMINUM uit een van sy VESPERS. Luciano Pavarotti sing 'n aria van D. Scarlatti, en daar is 'n werk van Beethoven wat deur n tromboonkwartet gespeel word.

Sondag 3 Junie 2018
10:00-11:00

Luister na 'n deel uit een van Mozart se vroeëre simfonieë, en 'n aria van sy tydgenoot, Antonio Salieri. Daar is ook 'n klarinetensemble wat 'n deel uit Schubert se balletmusiek vir sy ROSAMUNDE speel.

Donderdag 31 Mei 2018
21:10-22:00

Luister na die bekende ALL IN THE APRIL EVENING en ‘n Russiese lied, EK BID VIR DIE MAG VAN DIE LIEFDE soos gesing deur Rudolf Schock. Jy kan ook na die sang luister van twee ander bekende tenoire, José Carerras en Luciano Pavarotti.

Sondag 27 Mei 2018
10:00-11:00

Luister na twee klavierwerke vir vier 4 hande van Schubert en Gottshalk, 'n werk van 'n vroeë Barok-komponis, Johann Hasse,en 'n orrelsonata van J.S. Bach.

Donderdag 24 Mei 2018
21:10-22:00

Luister na die sang van die Spaanse mezzo-sopraan, Theresa Berganza, die bariton Thomas Hampson, en die sopraan, Arleen Auger.

Sondag 20 Mei 2018
10:00-11:00

Luister na die overture tot Glinka se RUSLAN EN LUDMILA, ’n mazurka vir vier horings van Leopold Mechura, 'n paar werke van Mozart soos een van sy Duitse danse en 'n deel uit een van sy vioolsonatas, en die lied AN CLOE.

Donderdag 17 Mei 2018
21:10-22:00

Luister na 'n sonata vir fluit en klavier van Rossini, 'n uittreksel uit die rolprentklankbaan van DIE BEGELEIER, en Jessey Norman sing twee spirituals.