Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

Programme

TERUG

Uit 'n ander hoek

Vorige Programme

Sondag 9 Augustus 2020
19:00-19:30

Rassisme steek oral in die samelewing kop uit. Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe staan sake hieroor in die kerk. Sy gaste is Etienne Snyman van die NG Kerk en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 9 Augustus 2020

Rassisme steek oral in die samelewing kop uit. Jean Oosthuizen wil by sy gaste weet hoe staan sake hieroor in die kerk. Sy gaste is Etienne Snyman van die NG Kerk en Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk.

Laai die mp3 af (22854KB)

Sondag 2 Augustus 2020
19:00-19:30

Hoe verskil die Jesus waarvan ons in die kerk leer, van Jesus wat 2 000 jaar gelede in Galilea se stofstrate rondgeloop het? Jean Oosthuizen praat met die teoloë, proff. Andries van Aarde en Pieter Craffert oor die historiese Jesus.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 2 Augustus 2020

Hoe verskil die Jesus waarvan ons in die kerk leer, van Jesus wat 2 000 jaar gelede in Galilea se stofstrate rondgeloop het? Jean Oosthuizen praat met die teolo, proff. Andries van Aarde en Pieter Craffert oor die historiese Jesus.

Laai die mp3 af (23126KB)

Sondag 26 Julie 2020
19:00-19:30

Die meeste Christelike kerke bely hulle glo aan een algemene Christelike Kerk. Waarom is daar dan soveel verskillende Christelike denominasies, en hoekom skeur kerke? Jean Oosthuizen praat hieroor met twee NG-predikante, dr. Nadia Marais en ds. Michelle Boonzaaier.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 26 Julie 2020

Die meeste Christelike kerke bely hulle glo aan een algemene Christelike Kerk. Waarom is daar dan soveel verskillende Christelike denominasies, en hoekom skeur kerke? Jean Oosthuizen praat hieroor met twee NG-predikante, dr. Nadia Marais en ds. Michelle Boonzaaier.

Laai die mp3 af (23172KB)

Sondag 19 Julie 2020
19:00-19:30

Gelowiges hoor van kleins af dat die mens wik, maar God beskik. Is dit so? Jean Oosthuizen wil by filosoof Anton van Niekerk en teoloog Evard Huisamen weet wat dink hulle van God se voorsienigheid.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 19 Julie 2020

Gelowiges hoor van kleins af dat die mens wik, maar God beskik. Is dit so? Jean Oosthuizen wil by filosoof Anton van Niekerk en teoloog Evard Huisamen weet wat dink hulle van God se voorsienigheid.

Laai die mp3 af (23201KB)

Sondag 12 Julie 2020
19:00-19:30

Kindermolesteerders en pedofiele is dikwels mense in die samelewing van wie mens dit die minste verwag. Jean Oosthuizen gesels met skrywer Christine Barkhuizen-Le Roux en oud politikus Pierre-Jeanne Gerber, wat as kind gemolesteer is hieroor. Hulle vertel hoekom slagoffers dikwels jare neem voordat hulle daaroor praat, en wat kerke behoort te doen om die slagoffers te help.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 12 Julie 2020

Laai die mp3 af (22931KB)

Sondag 5 Julie 2020
19:00-19:30

Die Covid-19-pandemie maak ons opnuut bewus van ons weerloosheid, en laat mens onwillekeurig nadink oor die dood. Jean Oosthuizen gesels met praktiese teoloog, prof. Cas Weppener, en die Oud-Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, oor hulle siening van die dood, en die rol wat godsdiens speel in mense se siening van die dood.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 5 Julie 2020

Laai die mp3 af (22864KB)

Sondag 30 Junie 2019
19:00-19:30

Waarom is so baie mense in die wêreld gelowig ondanks al die moord en doodslag wat in die naam van godsdiens gepleeg is? Is godsdiens ʼn kruk, ʼn kuur, ʼn krankheid of dalk al drie? Jean Oosthuizen praat met prof. Vasti Roodt van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en dr. Deon Van Zyl, ʼn kliniese sielkundige in Johannesburg en voormalige professor in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 30 Junie 2019

Waarom is so baie mense in die wreld gelowig ondanks al die moord en doodslag wat in die naam van godsdiens gepleeg is? Is godsdiens ʼn kruk, ʼn kuur, ʼn krankheid of dalk al drie? Jean Oosthuizen praat met prof. Vasti Roodt van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en dr. Deon Van Zyl, ʼn kliniese sielkundige in Johannesburg en voormalige professor in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Laai die mp3 af (24577KB)

Sondag 23 Junie 2019
19:00-19:30

As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as ’n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is ’n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan. Jean Oosthuizen gesels met die teoloog prof Julian Müller en dr  Evard Huisamen van die  Coram Deo Gemeente in Kaapstad oor die bestaan van die duiwel en wil by hulle weet waar kom die duiwel vandaan en of hy bestaan.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 23 Junie 2019

As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan. Jean Oosthuizen gesels met die teoloog prof Julian Mller en dr Evard Huisamen van die Coram Deo Gemeente in Kaapstad oor die bestaan van die duiwel en wil by hulle weet waar kom die duiwel vandaan en of hy bestaan.

Laai die mp3 af (23340KB)

Sondag 16 Junie 2019
19:00-19:30

Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar?
Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament  by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.

Potgooi
Uit 'n ander hoek 16 Junie 2019

Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar? Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.

Laai die mp3 af (24432KB)

Sondag 9 Junie 2019
19:00-19:30

Morele kodes tussen gelowiges en ongelowiges is merkwaardig dieselfde. Jean Oosthuizen wil by die filosoof prof. Anton van Niekerk en die paleontoloog dr. Jurie van den Heever weet waar kom moraliteit vandaan. Moet mens noodwendig gelowig wees, of aan een of ander godsdiens behoort om ʼn morele lewe te leef? Is moraliteit uniek aan die mens, of vind mens ook morele optrede by diere?

Potgooi
Uit 'n ander hoek 9 Junie 2019

Laai die mp3 af (23650KB)