Programme

TERUG

Ratels

Vorige Programme

Maandag 14 Augustus 2017
19:30-20:00

Episode 431: Die skool se toneelstuk word uiteindelik opgevoer. Ratels se leerders leer wat professionele verhoogetiket is, en hoe om verhoogvrees te hanteer.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 431

Die skool se toneelstuk word uiteindelik opgevoer. Ratels se leerders leer wat professionele verhoogetiket is, en hoe om verhoogvrees te hanteer.

Laai die mp3 af (22 782KB)

Maandag 7 Augustus 2017
19:30-20:00

Episode 430: Die leerders help om die skoolproduksie se stel op die skoolverhoog te bou, en leer meer van teateretiket. Die sokkie word ook gehou, en Andries se hart is gebroke omdat Charmaine hom vir Soois gelos het.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 430

Die leerders help om die skoolproduksie se stel op die skoolverhoog te bou, en leer meer van teateretiket. Die sokkie word ook gehou, en Andries se hart is gebroke omdat Charmaine hom vir Soois gelos het.

Laai die mp3 af (21 964KB)

Maandag 31 Julie 2017
19:30-20:00

Episode 429: Ruan, die hoofseun, begin in ʼn toenemende mate besef dat die plaasseun Soois al hoe gewilder raak. Dit stel sy aansien, ook as rugbykaptein, in gevaar. Hy besluit om iets aan die saak te doen, en ʼn stryd om gewildheid vind plaas.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 429

Ruan, die hoofseun, begin in ʼn toenemende mate besef dat die plaasseun Soois al hoe gewilder raak. Dit stel sy aansien, ook as rugbykaptein, in gevaar. Hy besluit om iets aan die saak te doen, en ʼn stryd om gewildheid vind plaas.

Laai die mp3 af (20 228KB)

Maandag 24 Julie 2017
19:30-20:00

Episode 428: Ratels se skaakkampioenskap kom nader. Klaas Vakie kom agter dat die leerders nie eintlik in skaak as ʼn sport belangstel nie, en hy wil die belangstelling weer aanwakker. Dan onthou hy dat Soois hom destyds in skaak geklop het...

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 428

Ratels se skaakkampioenskap kom nader. Klaas Vakie kom agter dat die leerders nie eintlik in skaak as ʼn sport belangstel nie, en hy wil die belangstelling weer aanwakker. Dan onthou hy dat Soois hom destyds in skaak geklop het...

Laai die mp3 af (21 649KB)

Maandag 17 Julie 2017
19:30-20:00

Episode 427: Ruan en Soois is lankal lus vir baklei, en toe Ruan hoor dat Soois se rol in die skoolproduksie groter gemaak is, en syne kleiner, breek daar ʼn dramatiese geveg uit.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 427

Ruan en Soois is lankal lus vir baklei, en toe Ruan hoor dat Soois se rol in die skoolproduksie groter gemaak is, en syne kleiner, breek daar ʼn dramatiese geveg uit.

Laai die mp3 af (20 520KB)

Maandag 10 Julie 2017
19:30-20:00

Episode 426: Die skool maak gereed om te begin repeteer aan die nuwe skoolproduksie, maar dan kom die leerders agter dat jaloesie en afguns oor wie watter rolle gekry het die produksie kan kortwiek.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 426

Die skool maak gereed om te begin repeteer aan die nuwe skoolproduksie, maar dan kom die leerders agter dat jaloesie en afguns oor wie watter rolle gekry het die produksie kan kortwiek.

Laai die mp3 af (21 407KB)

Maandag 3 Julie 2017
19:30-20:00

Episode 425: Vincent word gedwing om die teks vir die skoolproduksie oor te skryf om dit meer verantwoordelik te maak en meer tienervriendelik in te klee. Die skoolkoerant, Bekgeveg, kom hiervan te hore en ondersoek wat met “tienervriendelik” bedoel word en van watter stories tieners deesdae hou.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 425

Vincent word gedwing om die teks vir die skoolproduksie oor te skryf om dit meer verantwoordelik te maak en meer tienervriendelik in te klee. Die skoolkoerant, Bekgeveg, kom hiervan te hore en ondersoek wat met “tienervriendelik” bedoel word en van watter stories tieners deesdae hou.

Laai die mp3 af (19 819KB)

Maandag 26 Junie 2017
19:30-20:00

Episode 424: Vincent kom met blink nuwe planne vorendag om borgskappe vir die skool en sy produksie te kry, maar besef dis nie so maklik om mense te oortuig om geldelik by ʼn skool betrokke te raak nie. Felicity dring daarop aan om weer te oudisie, en die teks word weer deur tieneroë bekyk.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 424

Vincent kom met blink nuwe planne vorendag om borgskappe vir die skool en sy produksie te kry, maar besef dis nie so maklik om mense te oortuig om geldelik by ʼn skool betrokke te raak nie. Felicity dring daarop aan om weer te oudisie, en die teks word weer deur tieneroë bekyk.

Laai die mp3 af (20 942KB)

Maandag 19 Junie 2017
19:30-20:00

Episode 423: Felicity se pa onttrek sy borgskap aan die skoolproduksie omdat sy dogter, Felicity, nie die hoofrol gekry het nie. Onderwysers leer leerders hoe om teleurstelling en verwerping te hanteer. Die skool kom met ’n nuwe plan vorendag om borgskappe te kry.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 423

Felicity se pa onttrek sy borgskap aan die skoolproduksie omdat sy dogter, Felicity, nie die hoofrol gekry het nie. Onderwysers leer leerders hoe om teleurstelling en verwerping te hanteer. Die skool kom met ’n nuwe plan vorendag om borgskappe te kry.

Laai die mp3 af (20 783KB)

Maandag 12 Junie 2017
19:30-20:00

Episode 422: Die oudisies vir die nuwe skoolproduksie is in volle swang, maar hoe hanteer mens teleurstelling en verwerping as jy skaars 17 is? Felicity is boonop doodseker dat sy die hoofrol sal sing.

Potgooi
RATELS deur Leon van Nierop - Episode 422

Die oudisies vir die nuwe skoolproduksie is in volle swang, maar hoe hanteer mens teleurstelling en verwerping as jy skaars 17 is? Felicity is boonop doodseker dat sy die hoofrol sal sing.

Laai die mp3 af (19 928KB)