Programme

TERUG

Spektrum

Vorige Programme

Maandag 12 Februarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Bewustheid oor tiener- en kinderselfdood

Plaas die soeklig op selfdood onder tieners en jong kinders. Dit is die pleidooI van die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep, bekend as SADAG. Sadag sien diť week as 'n tyd vir bewusmaking oor die groeiende neiging onder kinders om hulle eie lewens te neem. Hanri Wondergem berig.

Laai die mp3 af (3†340KB)

Die dryfveer van haat en haatspraak nagevors

Kan ligging die hoof dryfveer van haat wees? Dit is die vraag wat navorsing, wat deur die Universiteit van Utah in die VSA gedoen is, bekyk. En die antwoord op die vraag blyk "ja" te wees. Ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, het aan Hanri Wondergem verduidelik dat geografie, en ander dryfvere soos geloofs- en politieke oortuigings, haat aanblaas.

Laai die mp3 af (3†382KB)

Donderdag 8 Februarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Sekuriteits opgradeerings vir Hluhluwe-iMfolozi park om renoster stropery aanslag stop te sit ...

Die visier van teen- stroperyeenhede in KwaZulu- Natal is nou behoorlik op renosterstropers in die gebied gerig. Ezemvelo KwaZulu-Natal natuurlewe het pas hulle nuwe teen-stropery operasionele hoofkwartier in die Hluhluwe-Imfolozi park geopen. Een duisend agt en twintig renosters is verlede jaar , in Suid Afrika vir hulle horings gestroop, waarvan daar 'n toename van 50 persent van stropery in Kwa Zulu-Natal was. Die Vredesparkstigting, die Duitse Poskode loterye en die Amerikaanse Buro vir internasionale Dwelm en Wetstoepassingskwessies het bygedra tot die befondsing van die operasionele sentrum. Die uitvoerende hoof van die Vredesparkstigting - Werner Meyburg sÍ geskiedkundig speel KwaZulu-Natal 'n baie belangrike omgewingsbewaringsrol in die land...

Laai die mp3 af (4†953KB)

Boodskappe in bottel in 'n muur in Bethuli gekry

Die gemeenskap van Bethuli in die Vrystaat is baie opgewonde oor 'n geskiedkundige fonds op die dorp. Tydens die opknapping van 'n gedenk standbeeld oor die 1938 simboliese Groot Trek, het die restoureerder Quandeen Grindling afgekom op 'n glasbottel met briewe in. Die bottel was versteek agter 'n metaal plaat. Trudie Venter, 'n inwoner van Bethulie en plaaslike geskiedenis kenner sÍ almal brand van nuuskierigheid om uit te vind wat in die briewe staan

Laai die mp3 af (2†747KB)

Dinsdag 6 Februarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Overberg gee water aan Kaapstad

Vrugteprodusente van Grabouw en Elgin maak hul privaatdamme se sluise oop om water na die Steenbrasdam te voer. Die dam voorsien Kaapstad van water. Die uitvoerende hoof van Hortgro, Anton Rabe, sÍ die boere stel water beskikbaar wat hulle nie nou nodig het nie....

Laai die mp3 af (1†316KB)

Maandag 5 Februarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Universiteit van Stellenbosch sluit NIE weens die droogte nie

Gerugte doen op sosiale media netwerke die rondte dat die Universiteit Stellenboch op dag zero sy deure gaan sluit en dat akademiese aktiwiteite opgeskort sal word tot dit weer reŽn. Volgens 'n woordvoerder van die universiteit, Martin Viljoen steek daar nie waarheid in die gerugte nie

Laai die mp3 af (254KB)

AasvoŽl vlieg 'n nuwe rekord los

'n AasvoŽl ,genaamd Rosie, het nie net 'n nuwe vlieg rekord opgestel nie, maar ook in die proses waardevolle navorsings inligting aan wetenskaplikes besorg. Rosie het in 'n kwessie van drie maande sowat 1100 myl, of sowast 1770 kilometer gevlieg tussen TanzaniŽ, Suid-Afrika en Zimbabwe. 'n Spesialis projek bestuurder by die Trust vir bedreigde natuurlewe in Suid-Afrika wat veral met AasvoŽls werk, Andre Botha sÍ hierdie inligting gaan 'n groot bydrae lewer tot die bewaring van die AasvoŽls.

Laai die mp3 af (3†072KB)

Vrydag 2 Februarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Die stigma rondom haaie moet verdwyn...

Die mensdom moet anders begin dink oor haaie om die voortbestaan van die spesie te verseker. Dit is die waarskuwing van die nie-regeringsorganisasie, Sharklife in Sodwana aan die Natalse Noord kus.

Laai die mp3 af (4†789KB)

Donderdag 1 Februarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Wie gaan staatsrede lewer?

Die president van Suid-Afrika sal die staatsrede op 8 Februarie lewer, aldus die speaker van die parlement, Baleka Mbete en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise. Volgens Modise sal die staatsrede soos beplan voortgaan.

Laai die mp3 af (2†771KB)

Gesondheidskenners is bekommerd oor die manier waarop Suid-Afrika op die Listeriose-uitbraak reageer

Daar is te veel owerheidsliggame wat betrokke is by die ondersoek na die listeriose uitbreking in Suid-Afrika. Dit is die mening van Gareth Loyd Jones die direkteur van Ecowize. Loyd Jones voorspel dat hierdie uitbreking van listeriose die grootste nog ter wÍreld gaan wees omdat die owerhede nie genoegsame wetgewing in plek het om voedselveilgheid van ingevoerde goedere te verseker nie. Hy sÍ ook daar is te veel organisasie wat dieselfe probleem ondersoek, maar geen oplossings vind nie

Laai die mp3 af (2†432KB)

Woensdag 31 Januarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Vullis Herwinning in Suid-Afrika nie so moeilik nie

Herwinning van vullis behoort nie 'n groot uitdaging vir Suid-Afrikaners te wees nie maar eerder iets wat deel is van hulle daaglikse lewe. Dit is die mening van Annabe Pretorius wat verbonde is aan die Plastiekherwinningsorganisasie, SAPPRO. Pretoruis sÍ meeste mense besef nie daar is 'n monetÍre waarde aan die leŽ plastieksak of bottel wat jy weggooi nie. Maar sy sÍ om te herwin is baie duur in Suid-Afrika...

Laai die mp3 af (2†802KB)

Dinsdag 30 Januarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Plastiekbesoedeling is besig om die land te verswelg

Vullis- en veral plastiek -besoedeling is besig om die land se finansies uit te put en om die land letterlik te verswelg. Dit is die waarskuwing van 'n kenners in die gebied. Prof Henk Bouwman van die departement van biologiese wetenskappe van die Noordwes Universiteit sÍ alhoewel mense al meer bewus raak van die impak van plastiek besoedeling is dit amper te laat om nou enige iets daaromtrent te doen

Laai die mp3 af (1†931KB)

Plastiekbesoedeling op ons strande neem toe...

'n Nie regeringsorganisasie, The Beach-Co Op, maak al die agelope drie jaar strande in die Muizenberg gebied skoon. Anayhaa Omadin van The Beach Co Op sÍ nie net het Suid-Afrika sy eie plastiekbesoedeling om skoon te maak nie, maar plastiek van ander wÍreld dele spoel ook op ons strande uit.

Laai die mp3 af (2†268KB)

Maandag 29 Januarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Ondersoeke teen Cobus Kellerman van Belvedere gestaak

Die voormalige hoof van die batestuursfirma Belvedere dagvaar die joernalis Alec Hogg. Dit volg na Belvedere en hul fondse vernietig is toe David Marchant van Offshore Alert in Amerika gesÍ het Cobus Kellerman bedryf 'n Ponzi-skema. Marchant en Hogg het dit die grootste Ponzi-skema nog ooit genoem. Intussen is alle ondersoeke teen Kellerman gestaak. Izak du Plessis het aan hom gevra hoekom hy Hogg wil dagvaar.

Laai die mp3 af (2†551KB)

Vrydag 19 Januarie 2018
13:00-14:00

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Potgooi
Kenner meen departement stook met opset onmin by HoŽrskool Overvaal.

'n Navorsings professor by die Education and Human rights diversity navorsingseenheid by die NWU se Potchefstroom kampus, Elda de Waal sÍ die Gautengse departement van onderwys kon die situasie by HoŽrskool Overvaal verhoed het. De Waal sÍ dit wil amper voorkom of die departement met opset die onmin stook.

Laai die mp3 af (5†558KB)

SANW trek sindikate wat motor steel op die grens vas

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sÍ hulle doen alles in hulle vermoeŽ om sindikate wat gesteelde voertuie oor die land se grense smokkel, te stuit. Dit volg na 'n groep soldate van 14 Suid-Afrikaanse Infanterie Bateljon oorsprongklik van Umtata in die Oos kaap, 'n sindikaat op die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika voorgelÍ het. Majoor Carl Fuller sÍ die geskatte waarde van die voertuie is sowat twee en 'n half miljoen rand..

Laai die mp3 af (2†646KB)