Programme

TERUG

Oppiradio

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Vrydag 28 Junie 2019
20:00-21:00

Lance James vier op 18 Julie 2019 sy 81ste verjaarsdag. Hy spog met ‘n nuwe album getiteld Swan Song maar Lance belowe dit is nie sy laaste album nie. In ‘n loopbaan wat strek oor meer as 60 jaar het Lance James country-treffer na -treffer bekendgestel en die harte van die Suid-Afrikaners gesteel veral met sy Afrikaanse lliedjies soos Dankie. Lance beskou ook die lied as die belangrikste lied in sy loopbaan. Hy praat met Christelle van Tonder oor sy lang loopbaan by die SAUK, sy nuwe album, toer en hoe hy van kleins af geweet het hy moet deel wees van die musiekwêreld.

Vrydag 5 Julie 2019
20:00-21:00

Op 74 tree Glenys Lynne en 4 Jacks and a Jill nog op en gee die ou bekende treffers nuwe lewe,  saam met die gospelmusiek in hulle repertoire.  Glenys Lynne het by die OPPIRADIO ateljee kom kuier om te praat oor haar loopbaan, kinders grootmaak op die pad, en haar oorgang na gospelmusiek.  Christelle van Tonder maak kennis met die legende.