Nou op die lug

RSG Geldsake

18:10-19:00

Interaktief

Programme

TERUG

Musiekbonbons

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Donderdag 13 Augustus 2020
21:10-22:00

Luister na ’n werk Jan Dismas Zelenka. Dié Tjeggiese komponis het geleef tussen 1679 en 1745. Hy is deur Keiser Karel VI geprys vir sy bydrae tot musiekontwikkeling. Zelenka het ’n magdom nuwe tegnieke by sy werke gevoeg wat later as standaard by ander komponiste se werk sou voorkom soos ornamente by opera-arias, kromatiese harmonieë, ingewikkelde fugas, concerti vir virtuosi en ’n resitatiewe wat aangenamer op die oor geval het. Ons luister na ’n uittreksel uit een van sy sonatas vir twee hobos en klawesimbel.

Die Italiaanse Barokkomponis, Dominico Gallo, het ook as violis uitgeblink en het veral kerkmusiek gekomponeer, maar ook sonatas vir verskeie instrumentkombinasies, simfonieë en ’n paar vioolkonserte. Baie van sy werk is verkeerdelik gesien as dié van Pergolesi. Laasgenoemde was bekend in daardie tyd en mense het dikwels die fout gemaak deur vir Gallo te onderskat en komposisies aan Pergolesi toe te dig. Een van dié werke is ’n sonata wat Igor Stravinsky jare later sou gebruik as grondslag vir sy balletsuite, PULCINELLA. Ons luister na ’n deel uit een van Gallo se trio sonatas.

Haydn se JAARGETYE is in 1801 vir die eerste keer uitgevoer. Dit is ‘n sekulêre oratorio. Hy het dit gelewer ná sy sukses met sy KRONINGSMIS kort tevore. Die libtretto vir DIE JAARGETYE is gelewer deur Gottfried von Swieten, ’n adelike wat ook ‘n groot rol in Mozart se werk gespeel het. Von Swieten het sy werk weer op die Engelse digter, James Thomson se THE SEASONS gebaseer. Onsluister na 'n deel van LENTE uit hierdie werk.