Programme

TERUG

RSG Landbou

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Maandag 24 September 2018
04:30-05:00

Chrisna Coetzee neem jou op reis van die wolskaap tot die verwerkte wol. Carin Venter, ons verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het tydens Nampo Kaap op Bredasdorp met Andries Wiese van Hollard Landbou gesels. En daar is veilingsnuus.

Dinsdag 25 September 2018
04:30-05:00

Dr. Gerrie Scholtz verduidelik hoe die Nasionale Luserntrust funksioneer en wat sy doelwitte is. Daar is ‘n gesprek met Corrie Bezuidenhoudt oor die knoffelkwekerskonferensie wat eersdaags plaasvind. Hy gesels ook oor die knoffelbedryf in Suid-Afrika. Carl van Heerden is ’n senioragronoom by Agri Technovation. Hulle bied unieke presisieboerdery-oplossings vir groenteboere in samewerking met Laeveld Agrochem. Hy vertel meer oor grondinligting, blaarontledings en verhoogde opbrengsmoontlikhede.

Woensdag 26 September 2018
04:30-05:00

Dr. Maryke Craven van die Instituut vir Graangewasse praat oor die skade wat onkruid by graan kan aanrig. Die soeklig val weer op Nampo Kaap wat onlangs in Bredasdorp gehou is, en Carin Venter praat met Josh Hamman van SA Brouerye en ‘n garsboer, Gert Claassen, oor dié interessante bedryf. Daar is ‘n gesprek met ‘n veearts, dr. Liezel Wasserman, oor die veesiekte, kriptosporidium, wat onder lammers en kalwers voorkom. En Luan van der Walt van Graan SA bespreek die invloed wat die wisselvalligheid van die wisselkoers op die graanbedryf het.