Programme

TERUG

RSG Dokumentêr

Soek

Datums
calendar calendar

Volgende Programme

Donderdag 30 Maart 2017
20:00-20:30

DIE BAAISE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker
Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos ‘n entrepreneur in ‘n noodsituasie sal kan dink nie. Mariska Spoormaker het tydens drie huisbesoeke oor Johnson se skouer geloer.