Programme

TERUG

Radioteater

Potgooi

GEBLIK deur Esther von Waltsleben
Donderdag 13 Desember 2018

Die grootbaas van De-Lish besluit om sy franchise se sakebelange te beskerm, en stuur sy seun en jong ambisieuese werksvriend na Blikfontein om op die De-Lishrestaurant daar te spioeneer. Slim vang sy baas wanneer die twee jong jukkerige mannetjies met hulle eie agendas hulle vasloop teen die restauranteienaar en sy oorlede vrou se twee dogters. Di twee jaag die hormone behoorlik op, en Abel se tweede vrou laat ook nie op haar wag om dalk in die guns van die jong mans te beland nie.

ROAD TRIP deur Corn Joubert
Donderdag 6 Desember 2018

Twee vroue wat ry agter vryheid aan. Een pad wat lelik skeefloop.Jana en Stephanie, stadsmeisies en beste vriendinne, vat die pad die Karoolandskap in om hulle koppe skoon te kry en nuwe avonture te beleef. Die avontuur wat hulle inwag, is nie heeltemal die soort wat hulle in gedagte gehad het nie. Daar skuil meer om die volgende draai as net rustige plase met hubare boere.

LIGTER AS DIE WIND deur Andr Kotz
Donderdag 29 November 2018

Dirk Ligter was n berugte skaapsteler uit die Hantam se wyk. Hy het van plaas tot plaas beweeg, soms fluks gewerk, al wat vroumens is, bendruk, dikwels skaap gesteel, geslag en gebraai, maar nooit sommer homself laat vang deur die polisie nie ten minste nie as hulle hom te perd probeer jaag het nie. Daarvoor het hy te vinnig gehardloop. Maar soms, net as hy wou, het hy hom laat vang, en self aangemeld vir sy straf vir die jongste skaapstelery. Mettertyd het skaapsteler skaapwagter geword, filosoof, spekskieter en vrye bandiet. Boerneef het vir Dirk leer ken, en sy jakkalsstreke en ramkieversies opgeteken.

DIE JUDASBOK deur Dalene Matthee
met
Donderdag 22 November 2018

ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en strafbaar. Die paartjie beplan om hulle in Londen te gaan vestig, maar eers wil die jongman sy ma, n kombuishulp op n plaas in die Klein-Karoo, gaan groet. Sy besoek het verreikende en onvoorsiene gevolge vir al die betrokkenes...

NOG NET TWEE WEKE deur Helena Hugo
met
Donderdag 15 November 2018

Esta is sewentien, en haar ouers se enigste kind. Sy is mooi, slim en talentvol. Haar toekoms blink, maar dan tuimel haar drome inmekaar. Moet sy haar ouers in haar vertroue neem of nie? Die uitkoms verg byna bo-menslike dapperheid en die grootste opoffering denkbaar.

DIE VOLHOK deur William Oosthuizen
met
Donderdag 8 November 2018

n Polisie ondersoekspan probeer die oorsaak van die dood van n bejaarde vrou bepaal, wie se lyk in n volhok in die agterplaas van haar huis gevind is. Wanneer wyle Edith Visagie se seun, Niel, uit Kanada aankom vir sy ma se begrafnis, blyk dit gou dat sy pa, Bertus Visagie, nie regtig jammer is sy vrou het hom ontval nie. Het hy haar hulpkrete daardie koue nag gegnoreer, of was daar dalk iets meer sinister wat haar dood veroorsaak het?

DIE FIETSTOER deur Joa Bekker
Donderdag 1 November 2018

Wat het hulle besiel? Oom Jannes op 64 (Dirk Stoltz) en die bloedjong Chilli op 22 (Christopher van der Westhuizen) besluit om per fiets saam deur die Karoo oor Prins Albert na George te ry. Hulle gee hulleself net tien dae tyd om die rit te voltooi. Elkeen het sy eie motief oor waarom hy op die toer gaan. Kort voor lank blyk dit dat nie elkeen is wie hulle voorgee om te wees nie, en aan die einde van die toer wag daar n reuse verrassing op hulle...

SOEK deur Madeleine Volschenk
met
Donderdag 25 Oktober 2018

Letsie verdwyn spoorloos uit n gastehuis op die Kaapse platteland. Wat het met haar gebeur? Die ander gaste leer mekaar en die eienaars beter ken terwyl hulle bespiegel oor haar en die land se veiligheid. Wanneer Hester Ruiters by n plattendse gastehuis kom kuier om te skryf aan haar eerste boek, verdwyn een van die ander gaste en kry sy baie idees vir haar nuwe boek. Is Letsie in gevaar? Het sy dalk iemand spesiaals ontmoet? Of is dit net nog n misdaadstatistiek vir Suid-Afrika?

DIE TESTAMENT deut Rhona Peens
met
Donderdag 18 Oktober 2018

Oom Josef Rossouw sterf, en sy familie en werkers word na die prokureur se kantore genooi sodat die testament vir hulle gelees kan word. Daar is miljoene rand in die boedel, maar dan word oom Josef se lys voorwaardes gelees... Skielik klink die belofte van n stewige erfporsie eerder na n nagmerrie, en veral Herman en Katinka se dogter, Zenobia, begin kapsie maak. Oom Josef dirigeer die gebeure meesterlik uit die graf, want hy wil seker maak dat sy familie nie die geld sal gebruik om hulle lewe te verwoes nie. Die drama neem n interessante en onverwagse wending, en wys op die waarde van gesinsbande en om die belangrike dinge in die lewe met jou geliefdes te deel.

LAAT HERFS deur Richard van der Westhuizen
met
Donderdag 11 Oktober 2018

Andrew Beyers se lewe het, soos die meeste mense s'n, nie heeltemal verloop soos wat hy graag sou wou h nie. Dan ontmoet hy, heel toevallig, 'n sprankelende jong kunstenaar, en sy verander sy lewe ingrypend