Programme

TERUG

RSG Sport

Potgooi

Netbalproteas na Węreldbeker in Liverpool
Vrydag 12 Julie 2019

Die Protea netbalspan gaan aan die Węreldbekertoernooi in Engeland deelneem. Die Proteas het in die groepfase teen Trinidad en Tobago, Fidji en Jamaika te staan kom. Suid Afrika is nou vyfde op die netbalranglys, en word as ‘n buiteperd vir die toernooi beskou. Jody Hendricks praat met die Proteaspeler, Erin Burger, en die voormalige speler, Jennie van Dyk, ooor die span se kanse in Liverpool.

James Small 1969 - 2019
Woensdag 10 Julie 2019

Oudspelers, administrateurs en internasionale rugbylui het hulle skok uitgespreek ná die skielike dood van die voormalige Springbokvleuel, James Small. Hy was deel van die seëvierdende Springbokspan wat in 1995 die Węreldbekertoernooi gewen het. Hy word beskryf as 'n briljante speler wat die vermoë gehad het om die gang van die spel te beďnvloed. Hy is ook as rugby se "stout seun" bestempel weens sy kort humeur op die veld. Small het 47 toetse vir Suid-Afrika gespeel en het op provinsiale vlak vir die destydse Transvaal, die WP en die Natalse Haaie uitgedraf. Jody Hendricks het onlangs met Small gepraat, en kry ook reaksie van sy voormalige spanmaats Chester Williams, Kobus Wiese en Joel Stransky.

RSG Sport 21 Junie 2019
Vrydag 21 Junie 2019

Jody Hendricks het met die voormalige Bafana Bafana speler Mark Williams oor Bafana se kanse by die Afcon-toernooi gepraat.

RSG Sport 21 Junie 2019
Vrydag 21 Junie 2019

Jody Hendricks het met die voormalige Bafana Bafana speler Mark Williams oor Bafana se kanse by die Afcon-toernooi gepraat.

RSG Sport 21 Junie 2019
Vrydag 21 Junie 2019

Jody Hendricks het met die voormalige Bafana Bafana speler Mark Williams oor Bafana se kanse by die Afcon-toernooi gepraat.

Groen en Goud 7 Junie 2019
Vrydag 7 Junie 2019

Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis het almal bedank wat bygedra het tot die span se sukses die afgelope paar jaar. Banyana Banyana het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer te kwalifiseer vir die Vroue-sokkerwęreldbeker in Frankryk wat vandag begin. Banyana Banyana sal Saterdag 8 Junie in hul eerste wedstryd van die toernooi teen Spanje te staan kom. Voordat hulle Donderdag 13 Junie teen Sjina speel en op Maandag 17 Junie met Duitsland opponente gaan wees.

RSG Sport 29 Mei 2019
Woensdag 29 Mei 2019

Jody Hendricks doen 'n voorskou van die Parys Sewestoernooi wat die naweek plaasvind, en praat met die Blitzbok Werner Kok. Heinrich Shulze doen 'n sy weeklikse sporttrivia, en ondersteuners gee hulle boodskappe van ondersteuning aan die Proteas voor môre se openingswedstryd van die Krieket Węrelbekereindtoernooi.

Bryan Habana
Woensdag 13 Maart 2019

Een van Suid-Afrika se grootste rugbyhelde, Bryan Habana, het onlangs aangekondig dat hy sy stewels gaan ophang. Die vleuel het tussen 2004 en 2016, 124 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 67 drieë gedruk. Die 35-jarige Habana was in 2007, die jaar toe die Springbokke hulle tweede Węreldbeker in Frankryk gewen het, die Węreld Rugbyspeler van die Jaar. Jody Hendricks praat met hom oor die lewe ná rugby, en wat hy dink die Bokke se kanse is in Japan later vanjaar.

RSG Sport 27 Februarie 2019
Woensdag 27 Februarie 2019

Jody Hendricks praat met Springbok Damian Willemse oor die rol wat sy ouers in sy loopbaan gespeel het, en met Blitsbok Ryan Oosthuizen wat die naweek in Las Vegas in aksie sal wees.

Paul Willemse
Saterdag 16 Februarie 2019

Die Suid-Afrikaans gebore slot Paul Willemse het sy debuut vir Frankryk gemaak in die beginspan wat Wallis in 'n Sesnasiewedstryd gepak het. Willemse, wat in Pretoria gebore is, het aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp gematrikuleer. Hy speel sedert 2014 klubrugby in Frankryk, en is tans by Montpellier. Willemse het in November Franse burgerskap gekry. Jody Hendricks het met hom gepraat.