Programme

TERUG

Rand en sent

Potgooi

Rand en sent 10 Desember 2017
Sondag 10 Desember 2017

n Skuldkenner gee wenke oor hoe om meer ekonomies Kersfees te vier. n Sakekenner praat oor uitbranding by entrepreneurs, hoekom dit voorkom, die nadele daarvan en hoe dit voorkom kan word.

Rand en sent 3 Desember 2017
Sondag 3 Desember 2017

n Prokureur kyk na die regsfoute wat verbruikers in 2017 gemaak het, en die onnodige koste hiervan. n Skuldkenner het wenke indien jy nie genoeg gespaar het vir die Desember-vakansie nie. Dis ook daardie tyd van die jaar om pakkies en geskenke per pos aan te stuur. n Bestuurder by n koerierdiens gee inligting en wenke hieroor.

Rand en sent 26 November 2017
Sondag 26 November 2017

N n onlangse ondersoek wat wys dat kaartbedrog aan die toeneem is, verduidelik n kenner hoe jy jou bankkaarte veilig kan hou. Daar is ook raad vir veilige aanlyn-aankope, en n lys van persoonlike sake wat jy in orde moet kry voor die Desembervakansie aanbreek.

Rand en sent 19 November 2017
Sondag 19 November 2017

Het jy geweet daar is n groot verskil tussen hoe mans en vroue hulle geld bel? n Beleggingskonsultant bespreek die verskille en die impak daarvan op beleggingsresultate. n Prokureur beantwoord n luisteraar se vraag oor pensioenuitbetalings aan n weduwee indien dit n tweede huwelik is. En n kundige help ons besluit wanneer dit werklik nodig is om n finansile adviseur te kry en wanneer jy jou geldsake sommer self kan bestuur.

Rand en sent 12 November 2017
Sondag 12 November 2017

n Beleggingskonsultant verduidelik wat effektetrusts is, en hoe om die regtes vir j behoeftes te kies. In die laaste gesprek oor huiskoop, gee n eiendomsagent handige wenke oor kontrakte, lenings en al die ander papierwerk. En n entrepreneur met n liefde vir entrepreneurskap, praat oor sy groot stap vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs.

Rand en sent 5 November 2017
Sondag 5 November 2017

n Kenner praat oor die vaardighede wat jy jou kinders kan help aanleer om te verseker dat hulle in die toekoms n werk kry. In die tweede gesprek oor wat jou te doen staan wanneer jy n nuwe huis wil aanskaf, wys n eiendomsagent waarna jy moet oplet om te voorkom dat jy vir jouself n kat in die sak koop.

Rand en sent 29 Oktober 2017
Sondag 29 Oktober 2017

n Kenner verduidelik wat klein en medium sake-ondernemings te doen staan wanneer die ekonomie knyp. n Entrepreneur deel sy suksesresep vir moeilike tye. En daar is inligting oor versekering vir kleinsake-ondernemings.

Rand en sent 22 Oktober 2017
Sondag 22 Oktober 2017

Kenners voorspel n vlaag van ID-diefstal nadat miljoene Suid-Afrikaners se ID-nommers en ander persoonlike inligting in die kuberruim uitgelek het. n Prokureur verduidelik hoe dit verbruikers raak, en hoe ons kan voorkom dat ons slagoffers van bedrog word. Met die Desembervakansie wat oor net meer as n maand begin, het n bekende in misdaadvoorkomingskringe ook raad om swendelaars te vermy wanneer jy vakansieverblyf bespreek. En daar is wenke oor waar en hoe jy moet begin wanneer jy wil huis koop.

Rand en sent 15 Oktober 2017
Sondag 15 Oktober 2017

n Versekeraar gee wenke om op jou korttermynversekering te bespaar. n Skuldkenner het ook wenke om jou kontantvloei te verbeter, en n prokureur praat oor data-integriteit en hoe jy jouself en jou sake-onderneming teen data-boewe moet beskerm.

Rand en sent 8 Oktober 2017
Sondag 8 Oktober 2017

n Regspraktisyn verduidelik hoe n kontrak behoort te lyk vir paartjies wat in n langtermynverhouding is en saam woon, maar nie getroud is nie. n Belastingkenner s wanneer en hoe jy vir belasting behoort te registreer.