Programme

TERUG

Oggend op RSG

Potgooi

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 557
Vrydag 22 September 2017

Abel maak ʼn dramatiese aankondiging.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 556
Donderdag 21 September 2017

Leesfees heropen, en Nadia en Abel vier die nuwe variëteit van die sjokolade.

Afrikaans 101
Woensdag 20 September 2017

Martelize Brink vra vir ‘n paar Afrikaans 101-studente by UWK hoekom hulle Afrikaans as vak neem. Sy praat ook met twee dosente oor tegnieke hoe om ‘n nuwe taal aan te bied, en dat waaghalsige mense makliker ‘n nuwe taal aanleer.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 555
Woensdag 20 September 2017

Zirk se foto’s veroorsaak ‘n sensasie. Dan daag Abel by die biblioteek op met nog groter nuus...

Tannie Siembamba
Woensdag 20 September 2017

Jeanette Spies vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die dae toe sy die Siembamba tannie was.

Bloukraanvoëls
Dinsdag 19 September 2017

Ornitoloog Kevin Shaw vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die bloukraanvoël-bevolking tans lyk, wat die bedreigings is vir ons nasionale voël.

Gekleurde kontaklense
Dinsdag 19 September 2017

Oogkundige Inge Loubser vertel vir Johan Rademan en Martelize hoe gekleurde kontaklense jou ooggesondheid kan benadeel as jy dit nie reg benader nie.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 554
Dinsdag 19 September 2017

Shoki en Alwyn probeer die oorgroeide tuin skoonmaak as Kardoesie met skoknuus in die koerant opdaag...

RSG 80 Jaar: Musiek op die radio
Dinsdag 19 September 2017

Musiek het ‘n groot rol gespeel in die 80 jaar van Afrikaanse radio-uitsendings. Stap saam met Tharien Oosthuizen deur die dekades…

Geelhoutbome
Maandag 18 September 2017

Izak van der Merwe, bosbouwetenskaplike by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Suid-Afrika se nasionale boom, die geelhoutboom.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 553
Maandag 18 September 2017

Beverly daag met ʼn geskenk by Renzo se boekwinkel op, maar kry ‘n skok oor Zirk.

'n Lewe van fooitjies
Maandag 18 September 2017

Baie van ons het sterk oortuigings oor fooitjies vir dienswerkers en bedelaars. ‘n Vriend vertel graag: “Ek gee nie fooitjies nie. Ek koop vir hulle 'n brood en melk. Fooitjies stook hulle in hulle kwaad.” Maar vir Sydney Korries van Kaapstad maak elke sent ‘n verskil, want hy onderhou sy familie met fooitjies. Jacqui January het met hom op die lughawe gesels, waar hy al 22 jaar lank werk, en mense met hulle bagasie help.

Brabbeltyd 18 September 2017
Maandag 18 September 2017

September is Wêreld Kinderkankerbewusmakingsmaand. Charlene Lackay gesels met Ina Schomper, streeksbestuurder by CHOC, ’n organasie wat hom beywer vir die bewusmaking en ondersteuning van kinderkankerpasiënte en hulle gesinne in Suid-Afrika.

Trevino Isaacs
Maandag 18 September 2017

Selfgeleerde klavierspeler Trevino Isaacs (26) het sy musiektalent aan die gemeenskap van Mitchell’s Plain beskikbaar gestel deur ’n musiekskool te open wat kinders so jonk as sewe jaar oud waardering en liefde vir musiek aanleer. Trevino het op die ouderdom van nege klavier begin speel en sy professionele loopbaan het op die ouderdom van 15 begin. Die aanvraag was so groot vir musieklesse dat hy klasse in sy ma se sitkamer aangebied het. Haidee Muller het by hom gaan kuier by sy huis in Brackenfell.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 552
Vrydag 15 September 2017

Sebastiaan besoek Nadia, en vra haar om haar verbintenis met Abel te heroorweeg. Petrus daag op met ʼn waarskuwing.

Johnson Grootboom se padstal
Vrydag 15 September 2017

Omring van Karoo-stilte, beman Johnson Grootboom al nagenoeg 40 jaar lank die padstal tussen die twee afdraaie na Kirkwood in die Oos-Kaap. Hy is só ‘n geliefde karakter dat grootouers al hulle kleinkinders vra om vir hom ‘n ietsie te bring wanneer hulle daar verbyry. Mariska Spoormaker het gaan inloer by dié wyd-geliefde karakter wat self nie weet hoe oud hy is nie.

Wêreld Strandskoonmaakdag
Vrydag 15 September 2017

Theo van Ruben vertel vir Johan Rademan hoe Port Elizabeth die Wêreld Strandskoonmaakdag aanpak, en waarom die dag so belangrik is.

RSG 80 Jaar: Om die kampvuur
Donderdag 14 September 2017

Luister na ‘n heruitsending van die gewilde Saterdagaand storieprogram OM DIE KAMPVUUR, wat op 29 Maart 1986 uitgesaai is.

Potte en panne
Donderdag 14 September 2017

Dieetkundige Irene Labuschagne vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter kookware die gesonder opsie vir jou kombuis is. En sjef-dosent Selwyn October vertel watter panne vir watter doel gebruik word in sy besige kombuis.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 551
Donderdag 14 September 2017

Abel neem wraak op die dorp omdat hy hulle optrede as verraad beskou.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 550
Woensdag 13 September 2017

Colette ontbied Abel na die burgemeester se kantoor, en Nadia troos hom ná die klopjag.

Eg is mooi #6
Woensdag 13 September 2017

Charlene Sunkel gesels oor haar deelname aan Finesse en RSG se Eg is mooi-projek, waarin vroue met gestremdhede in Suid-Afrika gevier word. Martelize Brink vertel ook van Magteld Smith, wat doof is, se deelname aan die projek.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 549
Dinsdag 12 September 2017

Daar is groot konsternasie wanneer die polisie ʼn klopjag op die plaas Skilderkrans uitvoer.

Voorkom afleggings
Dinsdag 12 September 2017

Nicholette Nicholson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter opsies werkgewers behoort te oorweeg, voordat die drukkende ekonomie veroorsaak dat 'n werker sy of haar werk kwyt is.

Woestynstappers
Dinsdag 12 September 2017

Anette Grobler vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy en 'n groep vroue die Namibwoestyn in Angola te voet aangedurf het.

Verkoel jou drankies met sout!
Dinsdag 12 September 2017

Chemikus dr. Rehana Malgas-Enus vertel hoe jy drankies baie vinnig, baie koud kan maak deur sout, water en ys te gebruik. Sy verduidelik die chemie agter alledaagse gebruike.

Kiewiet se houtprodukte
Dinsdag 12 September 2017

Anthony Laubscher, bekend as Kiewiet, maak houtprodukte uit ou eikehout-wynvate. Hy skep werk vir 'n klein span houtwerkers, wat hy oplei op 'n plaas by Muldersvlei naby Stellenbosch. Die werkers is mense saam met wie hy op die plaas grootgeword het. Haidee Muller hoor dat die uitvoermark nou vir Kiewiet begin oopmaak het.

Boslelies
Maandag 11 September 2017

Eddie Mathewson, Heine Heydenrych en Clayton Jonkers vertel vir Martelize Brink van die inheemse boslelie (clivia) wat internasionale aanhang het. September is blomtyd en daar is nou skoue die land vol.

Brabbeltyd 11 September 2017
Maandag 11 September 2017

Dr. Leandri Loots praat vertel vir Charlene Lackay van die verskillende soorte hoes, en waarvan dit ’n aanduiding kan wees. En net omdat jy die griepinspuiting gekry het, beteken nie jy hoef jou nie aan ’n hoes te steur nie.

Karin Kortjé
Maandag 11 September 2017

Karin Kortjé vertel vir Martelize Brink van die hoogtepunte en struikelblokke in haar loopbaan.

HARTEBREKER deur Leon van Nierop - Episode 548
Maandag 11 September 2017

Bart en Abel praat oor die feit dat Colette ʼn rugbyklub wil stig, maar dan daag Sebastiaan met onaangename nuus op...

Skedels
Maandag 11 September 2017

Skedels kan jou baie vertel van ‘n spesie se ontwikkelingspatroon. Dr. François du Rand van die Departement Dierkunde aan die Universiteit van Johannesburg het ‘n groot versameling kopbene wat hy oor jare versamel het. Jacqui January wou by hom weet waarvoor hy, as akademikus, die skedels die meeste gebruik.