Nou op die lug

Nic se goed

12:00-13:00

Interaktief

Programme

TERUG

Leefwêreld van die gestremde

Potgooi

Leefwęreld van die gestremde 31 Mei 2020
Sondag 31 Mei 2020

Jacqui January gesels met Divan Engelbrecht, wat ná ‘n motorfietsongeluk sy been verloor het. Hy vertel van die onskatbare waarde van die ondersteuning wat hy van sy ouers en vriende gekry het. Fanie du Toit hoor wat die Nasionale Raad van en vir persone met Gestremde doen om kwesbare mense en mense met gestremdhede te ondersteun en te bemagtig tydens die coronapandemie.

Leefwęreld van die gestremde 24 Mei 2020
Sondag 24 Mei 2020

Fanie du Toit kyk na onderwys vir jong kinders met spesiale unieke behoeftes, en die ondersteuningspersoneel en hulpmiddele wat benodig word om hierdie taak te doen. Jacqui January praat met die bestuurder by ‘n tehuis vir volwassenes met liggaamlike en verstandelike gestremdhede, oor hulle lewenslange ondersteuning, stimulering en omgee vir die inwoners.

Leefwęreld van die gestremde 17 Mei 2020
Sondag 17 Mei 2020

Jacqui January praat met Fanie du Toit oor die uitdagings en frustrasies van mense met gestremdhede tydens die inperkingstydperk. Fanie het ook meer gaan uitvind oor die ontwikkeling en stimulering van kinders met traumatiese breinbeserings en verskeie liggaamlike gestremdhede by die huis en gestruktureerde omgewings.

Leefwęreld van die gestremde 10 Mei 2020
Sondag 10 Mei 2020

Susan Bam is blind gebore. Sy werk by Blind SA om ouers te bemagtig oor hoe om vir hulle blinde kleuters te sorg. Sy fokus op onderwys met o.a. die voorbereiding van goed toegeruste klaskamers. Fanie du Toit het met haar gesels. Jacqui January het meer gaan uitvind oor kognitiewe welstand. Sy hoor van die algemene simtome, en wat jou te doen staan indien jyself of ‘n geliefde die simtome toon.

Leefwęreld van die gestremde 3 Mei 2020
Sondag 3 Mei 2020

Jacqui January kyk na traumatiese breinbeserings, die grootste oorsake daarvan, en van die suksesse wat met stimulering en behandeling bereik is. Fanie du Toit kyk na die impak van epilepsie op mense se lewe. Gresham Africa leef met epilepsie en vertel van ‘n vol lewe.

Leefwęreld van die gestremde 26 April 2020
Sondag 26 April 2020

Fanie du Toit vind uit van die terminilogie en uitdagings vir persone van kort statuur. Melanie Lubbe is ‘n person van kort statuur, en vertel ondermeer hoe moeilik dit is om ‘n bankkaartmasjien te gebruik. Jacqui January gesels met ‘n ma van drie kinders met spesiale behoeftes. Sy werk aan ‘n projek om kinders se klanke op te neem, wat as gevolg van hulle gestremdhede nie kan praat nie.

Leefwęreld van die gestremde 19 April 2020
Sondag 19 April 2020

Fanie du Toit gesels met ‘n blinde vrou wat haar lewe lank by opleiding vir ander blindes betrokke is. Sy vertel van die tekortkominge in veral vroeëkinderonderwys. Jacqui January vind meer uit van die proses van amputasie. Sy hoor ook van die versorging van ‘n prostese en die spookpyne wat gevoel word jare nadat iemand is ledemaat verloor het.

Leefwęreld van die gestremde 12 April 2020
Sondag 12 April 2020

Fanie du Toit vind meer uit van ‘n kursus vir siggestremde persone om te help met die uitdaging van werkloosheid. Hy hoor ook van ‘n entrepreneur wat met deursettingsvermoë sukses behaal. Jacqui January gesels met een van die steunpilare van BlindSA, Christo de Klerk. Hy vertel van die rol wat tegnologie in die lewe van ‘n siggestremde speel.

Leefwęreld van die gestremde 5 April 2020
Sondag 5 April 2020

Fanie du Toit gesels met Kobie Myburg-Vosloo oor die impak van ‘n beroerte. Sy het op 26 ‘n beroerte gehad, en moes deur baie veranderings gaan, maar is vasbeslote om haar lewe voluit te lewe met die uitdagings en al. Jacqui January vind meer uit van Rettsindroom, ‘n seldsame toestand wat veral by babadogtertjies voorkom. Sy gesels met die ouers van kinders met hierdie toestand.

Leefwęreld van die gestremde 29 Maart 2020
Sondag 29 Maart 2020

Fanie du Toit gesels met Hannle Cronje oor die vordering en vestiging van ‘n beskermde werkplek en veilige tuiste vir volwasse persone met gestremdhede in Atlantis in die Wes-Kaap. Jacqui January praat met prof. De Wet Swanepoel van Tukkies oor gehoor, doofheid, die ontwikkeling van die oor, en die proses van gehoorverlies.