Programme

TERUG

Hoe verklaar jy dit?

Potgooi

Hoe verklaar jy dit? 26 Maart 2017
Sondag 26 Maart 2017

Wat is die voedingswaarde van kos wat in n mikrogolfoond gaar gemaak is? Hoe kry n geitjie sy voete los as hy teen n vertikale oppervlak beweeg? En het diere individuele persoonlikhede, of is hulle gedrag aangeleer?

Hoe verklaar jy dit? 19 Maart 2017
Sondag 19 Maart 2017

Het die heelal n uiteinde, en wat sal n mens sien as jy daar sou uitkom? Hoe ver kan die kommandowurm-mot vlieg om di plaag so vinnig uit Suid-Afrika se noordelike buurlande oor Noordwes en Limpopo te laat versprei? Watter soort geitjie l haar eiers in n gat in n metaalhek, en hoekom is daar so baie eiers dat sommige selfs uitval?

Hoe verklaar jy dit? 12 Maart 2017
Sondag 12 Maart 2017

As daar geen slange in Nieu-Seeland is nie, is giftige slange dan hoegenaamd nodig in n ekostelsel? Hoekom word daar sedert 1972 gereeld n skrikkelsekonde by die wreld se tydhouding gevoeg? En hoekom bloei daar slegs gom uit een doringboom in n groep doringbome?

Hoe verklaar jy dit? 5 Maart 2017
Sondag 5 Maart 2017

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

Hoe verklaar jy dit? 26 Februarie 2017
Sondag 26 Februarie 2017

Wat veroorsaak die lig van die Noorder- en Suiderligte? Wat het van Mars se atmosfeer geword? Hoekom is boorgatwater skoon en nie modderig nie? En hoekom verswak n vlak boorgat se waterlewering na n hewige donderstorm?

Hoe verklaar jy dit? 19 Februarie 2017
Sondag 19 Februarie 2017

Watter proses word gevolg om vegvliegtuie feitlik onsigbaar vir radar te maak? Is die geskiedenis van die ontdekking van oermense in Suid-Afrika al volledig geboekstaaf? En hoe het die eienaardige bultjies rondom die heuwels tussen Calvinia en Sutherland ontstaan?

Hoe verklaar jy dit? 12 Februarie 2017
Sondag 12 Februarie 2017

Hoekom hoor n mens nooit van hartkanker nie? Langs die Kaapse weskus word n muis aangetref met blare op sy rug? Wat is die rede hiervoor? En hoe word die blaassprinkaan se geluid geproduseer?

Hoe verklaar jy dit? 5 Februarie 2017
Sondag 5 Februarie 2017

Rus of slaap miere soms? Hoekom word mans mettertyd bles, terwyl hulle baarde steeds welig groei? En is dit moontlik dat n slang met sewe koppe volwassenheid kan bereik en op die oog af in n baie goeie kondisie kan wees?

Hoe verklaar jy dit? 29 Januarie 2017
Sondag 29 Januarie 2017

Hoe vind diere soos skilpaaie en verkleurmannetjies, wat wyd verspreid voorkom, mekaar tydens paartyd. Is daar al fossiele in Zoeloeland gevind? En kan n mens uit plekname aflei waar bergsebras histories voorgekom het?

Hoe verklaar jy dit? 22 Januarie 2017
Sondag 22 Januarie 2017

Is die Bonobo dalk die vermiste skakel in die mens se ontwikkelingslyn? Kan die bestaan van geeste wetenskaplik verklaar word? Wat is die verskil tussen n kwagga en n sebra? En kan padda-eiers droogtes oorleef?