Nou op die lug

alhoebekker

09:00-11:30

Interaktief

Programme

TERUG

Kat en hond

Potgooi

Kat en hond 19 September 2020
met
Saterdag 19 September 2020

Hulle is twee bekendes wat daagliks uitreik na mens n dier. Anet Pienaar-Vosloo en Zelda la Grange vertel vir Lizma van Zyl hoe hulle ondanks hulle besige lewe, steeds tyd maak vir hulle geliefde troeteldiere. Anet en Zelda is ook nou betrokke by dierewelsyn, en deel die kwessies waaroor hulle passievol is.

Kat en hond 12 September 2020
met
Saterdag 12 September 2020

Hondepote is nie tekkies nie, s dr. Hector Dreyer. Hy beklemtoon dat oefening noodsaaklik is, maar dat dit verantwoordelik gedoen moet word. Lizma va Zyl kuier ook by n groot diereliefhebber wat unieke metodes gebruik het om haar katkinders in n nuwe omgewing te laat aanpas.

Kat en hond 5 September 2020
met
Saterdag 5 September 2020

n Nuwe troeteldier in die huis is n groot vreugde, maar kan van korte duur wees as di kat of hond nie reg bekendgestel word aan die res van jou gesin nie en dit sluit die vierbeniges in. Lizma van Zyl gesels met twee kenners oor die regte proses wat gevolg moet word, die nodige voorbereiding, en wat jou kinders moet weet voordat die nuwe huismaat voet aan wal sit.

Kat en hond 29 Augustus 2020
met
Saterdag 29 Augustus 2020

**Kos en nogmaals kos is op die spyskaart. Lizma van Zyl gesels verder met dr. Morn de Wet oor die belangrike keuses wat ons moet maak afhangende van ons troeteldiere se grootte, ouderdom en gesondheid. Hy verduidelik dat kos eintlik medisyne kan wees, en beantwoord twee interessante vrae van besorgde troeteldiereienaars.

Kat en hond 22 Augustus 2020
met
Saterdag 22 Augustus 2020

Die regte kos is noodsaaklik om te verseker dat ons troeteldiere gesond is en n goeie lewenskwaliteit het. Lizma van Zyl gesels met dr. Morne de Wet oor die magdom produkte op die mark, en wat ons in gedagte moet hou wanneer ons daardie belangrike koskeuses maak. Hy vertel ook watter kosse en versnaperings om ten alle koste te vermy.

Kat en hond 15 Augustus 2020
met
Saterdag 15 Augustus 2020

Ons troeteldiere is lief vir verken, maar smul dikwels tydens uitstappies aan allerhande vreemde en gevaarlike dinge. Lizma van Zyl gesels met veearts dr. Dirk Greyling oor wat in n krisis gedoen moet word, en gee wenke oor goeie katboks-gewoontes. En tydskrifman Pieter Hugo vertel van sy spierwit kat met haar spesiale behoeftes.

Kat en hond 8 Augustus 2020
met
Saterdag 8 Augustus 2020

n Duitse vrou wat haar toevlug in Suid-Afrika kom soek het, skep onder moeilike omstandighede n veilige hawe vir katte en honde op Hermanus. Lizma van Zyl vertel die verhaal van Yvonne Wurster en gesels ook met twee ander besonderse vroue wat saam met Yvonne werk en haar bemagtig om daagliks diere te kan red.

Kat en hond 1 Augustus 2020
met
Saterdag 1 Augustus 2020

Ons troeteldiere het tydens grendeltyd so gewoond geraak aan ons geselskap, en baie sukkel nou met die aanpassing om weer bedags alleen te wees. Lizma van Zyl gee wenke hoe om jou diere veilig en vrolik te hou terwyl jy by die werk is of vir lank moet uitgaan. Sy gesels ook met n voormalige nuushond, wat nou n hondedagsorgdiens het, en digter Danie Marais praat oor sy Levinia, soos net n woordmeester kan.

Kat en hond 25 Julie 2020
met
Saterdag 25 Julie 2020

Selfs die mees verantwoordelike troeteldiereienaars kan nie hulle diere altyd teen siektes beskerm nie. Lizma van Zyl praat met veearts dr. Morn de Wet oor gesondheidsprobleme wat soms onsigbaar is, en hoor by hom waarvoor ons op die uitkyk moet wees. Sy klop ook aan by Riana Cruywagen wat haar vernuf met n breipen ten goede van honde in skuilings aanwend.

Kat en hond 18 Julie 2020
met
Saterdag 18 Julie 2020

Jy het dit dalk reeds vermoed: jou keuse van n troeteldier s baie van jou persoonlikheid Lizma van Zyl praat met Hannes en Marguerite (albei van Wyks) oor hulle spediale band met hulle dierekinders. En ons hoor wat kenners s wat jou voorkeur kat of hond van jou persoonlikheid weggee.